Dit geld veral die Richardsbaai- en Durbanhawe, sê verskeie belanghebbendes in die bosbou-waardeketting. Volgens hulle het die Transnet nasionale hawe-owerheid tot dusver versuim om te reageer op ’n rits bekommernisse, klagtes en aanbevelings wat oor die jare onder die instelling se aandag gebring is.
Groter deelname van die private sektor aan die werksaamhede van die hawens is deurslaggewend vir die volgehoue sukses, sê mnr. Francois Oberholzer, werksaamhededirekteur by die nasionale bedryfsorganisasie Bosbou SA (BSA), mnr. Danny Knoesen, hoofbestuurder van NCT Bosboukoöperasie Bpk., en me. Louise Johnson, woordvoerder van TWK Agri. NCT en TWK voer bosbouprodukte uit van Richardsbaai en Durban.
Volgens Oberholzer is die vernaamste klagtes as volg: