
Mnr. De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van Afma, het
bedank. Luidens ’n verklaring uitgereik namens die direksie van Afma het
Boshoff besluit om homself, met onmiddellike effek, op persoonlike sakebelange
toe te spits.
Boshoff is in Maart 2006 in dié posisie aangestel, en Afma bedank hom vir sy diens en bydrae oor die jare heen.
Die direksie het ’n proses van stapel gestuur om ’n opvolger vir dié posisie te vind en Afma-lede sal ingelig word sodra die regte kandidaat geïdentifiseer is.
Intussen sal me. Liesl Breytenbach, tegniese en regulatoriese bestuurder by Afma, verantwoordelik wees vir die take van die uitvoerende direkteur.Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.