AFGRI
BEAN
02 Jun
-
8499
-73,00
CORN
02 Jun
-
4527
-150,00
SOYA
02 Jun
-
7800
-74,00
SUNS
02 Jun
-
8300
38,00
WEAT
02 Jun
-
6320
-53,00
WMAZ
02 Jun
-
3698
-15,00
YMAZ
02 Jun
-
3814
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Bosveld Groep is Boer van die Jaar

Meer as 5000 mense werk by die Bosveld Groep in Limpopo, wat as SA se Boer van die Jaar aangewys is.

Die grootste private sitrusprodusent in Suid-Afrika, Die Bosveld Groep in Limpopo, is aangewys as Landbouskrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar op ’n geselligheid in Bloemfontein.

Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, is as Landboukundige van die Jaar aangewys en die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Boerdery van die Jaar is mnr. Ralph en me. Preline Swart van Elim in die Wes-Kaap, waar hulle op 1280ha boer, wat hulle van die Morawiese kerk huur. Hulle het vanjaar hul lewenslange ideal bereik om hul eie kommersiële plaas te besit, met die koop van 'n 950 ha plaas naby Stormsvlei, Riviersonderend.

Met die aankondiging van die wenners by Landbouskrywers SA se jaarlikse toekenningsgeleentheid in Bloemfontein het voorsitter Magda du Toit gesê die kompetisie was vanjaar besonder straf aangesien boere en landboukundiges voortdurend die vlakke van uitnemendheid in hul bedryf verhoog.

"Dit is die 37ste agtereenvolgende jaar wat ons hierdie toekennings doen en ons beskou dit as 'n mylpaal in ons geskiedenis. Ons bedank ons ??borge, Santam Landbou en Absa Agribesigheid, vir hul volgehoue ??ondersteuning.”

* Die Bosveld Groep het in die 1960's op 100 ha sitrus in Letsitele begin boer. Vandag is dit 'n groep van maatskappye met meer as 3 600 ha sitrus wat 5,5 miljoen kartonne uitvoervrugte lewer.

Die groep produseer ook 1 750 ton piesangs, 300 ton avos, 550 ton lietsjies, 2 000 ton veselperskes en 60 000 ton suikerriet op die verskillende plase in Letsitele, Hoedspruit, Burgersfort, Politsi, Malelane en Komatipoort.

Die groep is tans in die nuus weens sy betrokkenheid by 'n loodsprojek saam met die Nasionale Beplanningskommissie om 'n model vir grondhervorming te vestig, soos deur die Nasionale Ontwikkelingsplan voorgestel.

* Die Landboukundige van die Jaar, porf. Ferdie Meyer, is bekend in die landbousektor vir sy rol in die totstandkoming van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, tien jaar gelede. Die buro is 'n voertuig vir scenariobeplanning en risiko-analise - 'n eerste vir Suid-Afrika.

Die buro is ook 'n navorsingseenheid vir die Nasionale Beplanningskommissie en die Nasionale Landboubemarkingsraad van Suid-Afrika. Ander belangrike belanghebbendes is die Departement van Handel en Nywerheid, die Tesourie, die Mielietrust, Graan Suid-Afrika en 'n verskeidenheid van bedryfsorganisasies.

Ses boere, ses landboukundiges en drie nuwe toetreders tot kommersiële boerdery het meegeding om die gesogte titels.

Hierdie jaar se kandidate vir die Boer van die Jaar-titel was mnr. Cobus van Coller van die Vrystaat, die Bosveld Groep van Limpopo, mnr. Alan Sutton van  Mpumalanga, mnr. Richard Hobson van Noordwes, mnre. Hennie en Bertie Coetzee van die Hencoe Boerdery in die Noord-Kaap en die Mooigezicht Boerdery in die Wes-Kaap.

Die kandidate vir die Landboukundige van die Jaar was mnr. Charl Hunlun van die Vrystaat, prof. Ferdi Meyer van Gauteng, dr. Schalk Schoeman van Mpumalanga, mnr. IB Oosthuizen van Noordwes, Dirk Günter van die Noord-Kaap en prof. Louw Hoffman van die Wes-Kaap.

Die kandidate vir die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Boerdery was mnr. Keith en me. Jacqui Middleton van Jacobsdal in die Vrystaat, mnr. Morapedi Mutloane van Noordwes en mnr. Ralph en me. Preline Swart van die Wes-Kaap.

Die wenners hieronder: Van links is mnr. Francois Smit (Absa), Magda du Toit (nasionale voorsitter Landbouskrywers SA), mnre. Milaan Thalwitzer (Bosveld-groep: Boer van die Jaar), Ralph Swart en sy vrou, Preline (Nuwe Toetreders tot Kommersiële Boerdery), prof. Ferdi Meyer (Landboukundige van die Jaar) en mnr. Gerhard Diedericks, hoof van Santam-landbou. Foto: Johan Norval

LSv-wenners-650

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.53
+0.5%
Rand - Pond
24.33
+1.1%
Rand - Euro
20.93
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.92
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+1.3%
Platinum
1,000.36
-1.5%
Palladium
1,409.19
+0.7%
Goud
1,952.64
-1.3%
Silwer
23.66
-0.9%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.8%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Op soek na goeie opregte friendskap
Omdat ek n opregte ware vriend is ek is n baie sagte mens en vol liefde ek hou daar van om uit my pad te gaan vir my vriende
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot