AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Brand in Witzenbergvallei onder beheer gebring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: James Cregeen (Henley Air)
Foto: James Cregeen (Henley Air)
Nog ’n brand wat in die Kaapse Wynland ontstaan het op die berg naby die Gydopas in die Witzenbergvallei is vandag onder beheer gebring.

Brandbestryders van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het vandag teen 12:00 ’n brand in die Witzenbergvallei in die distrik Ceres onder beheer gebring. Die brandbestrydingsdienste is vanoggend na die vallei ontplooi.

Me. Jo-Anne Otto, woordvoerder van die distriksmunisipaliteit, sê vier helikopters – twee van Henley Air en twee van die provinsiale rampbestuursentrum – en vier grondspanne van die rampbestuursentrum het gehelp om die brand onder beheer te bring. Die helikopters het omstreeks 10:45 na hul basisse teruggekeer. Die vier grondspanne sal op die brandlyn bly en voortgaan met moniterings- en opruimingsoperasies.

Mnr. Sakkie Hanekom, ’n boer van die Witzenbergvallei, sê verskeie boere en hul werkers het vanoggend gehelp om die brand te bestry. Die brand kon nie gisteraand onder beheer gebring word nie omdat dit in die ruigtes ingewaai het. Hul plaas, Slagboom, het die ergste onder die brand deurgeloop, maar geen infrastruktuur of landbougewasse is beskadig nie.

Otto sê die brand het in natuurlike bosse naby vrugteboorde gewoed en alle pogings is aangewend om landbougrond te beskerm. Op plase in die omgewing is dit nou pluktyd. “Die baie warm temperature van 30 °C en hoër wat vir die omgewing voorspel word, is ’n rede tot kommer aangesien opvlammings meer waarskynlik in sulke toestande is.”

Me. Elna von Sclicht, burgemeester van die Kaapse Wynland, sê die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar die eerste prioriteit was om die brand te blus en sodoende landboubedrywighede te kan beskerm.

Brandseisoen in die Kaapse Wynland

Hoewel die tydperk van 1 November tot 30 April as brandseisoen beskou word, is Februarie en Maart die twee besigste maande. Sedert 1 September 2022 het die brandweer van die distriksmunisipaliteit reeds op 478 brande gereageer. Dit is byna ses brande per dag oor die afgelope 70 dae.

Luidens ’n verklaring van die distriksmunisipaliteit is dit in hierdie stadium moeilik om presiese syfers te gee van hoeveel hulpbronne gebruik is om brande te bestry, maar van 1 November tot 27 Desember is R1,9 miljoen slegs op lughulpbronne bestee en ’n verdere R271 000 op grondspanne. Dit sluit bedryfskoste soos brandstof en die onderhoud van toerusting uit. 

* Otto het om 16:00 vanmiddag aangedui dat die munisipaliteit se branddienste ook gestuur is om ’n brand tussen die koppies op ’n volstruisplaas buite Touwsrivier te bestry. Die brand is glo deur weerlig veroorsaak en is vanmiddag by die munisipaliteit aangemeld.

brand,touwsrivier
Die Kaapse Wynland-distrikmunisipaliteit se branddienste ook gestuur is om ’n brand tussen die koppies op ’n volstruisplaas buite Touwsrivier te bestry. Foto: Johan Botha

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot