AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Brand rig meer as R700 000 se skade op plaas aan

akkreditasie
’n Deklaag van 170 ha, twee spilpunte en duisende tonne hoendermis en kalk is deur ’n wegholveldbrand in die distrik Bergville in KwaZulu-Natal beskadig.

Nagenoeg 1 700 ton hoendermis en kalk, asook ’n deklaag wat oor 15 jaar op 170 ha graanlande van Zunckel Farming opgebou is, is binne ’n paar uur deur ’n veldbrand op 28 Oktober vernietig. Mnr. Egon Zunckel, 'n direkteur van Zunckel Farms, beraam die skade van die brand op R760 000. Dié bedrag sluit nie die koste in om grondmonsters te neem en die nodige regstellings aan die grond te doen nie. “Die verlies aan die spilpunte is ongeveer R190 000 en die verlies aan materiaal, hoendermis en bemesting op die grond is ongeveer R3 350/ha.”

Hy sê die brand het na verwagting by plaaswerkerhuise op die buurplaas begin. Hy en sy seuns het gesien dat die brand ontstaan en het gaan help. “Ek was Maandag frustreerd toe die vuur begin het, maar die dag as ’n mens emosies gaan toelaat om jou vreugde en seën te steel en besluite te beheer, is dit ’n donker dag. Dit is tragies, dit het ons hartseer gelaat en is ’n enorme verlies vir ons, maar ons is besig om planne te beraam en is steeds in ’n bevoorregte posisie.”

Brand spring 300m

Zunckel en sy seuns het Maandag die brand by die plaaswerkerhuise op die buurplaas gesien en gaan help. Hulle het later by die landery naaste aan die gevaar gaan staan om die brand te keer as dit oor die pad na hul landerye spring. “Dit was ’n bisarre situasie. Die brand het bykans 300 m ver, oor ons koppe, gespring na die land agter ons en toe die materiaal eers vlamvat, was dit verby. Ons het die skottelploeë gebruik om die brand te stuit, maar daar was reeds baie skade.”

Brand is ’n groot risiko van geenbewerking. “Ons het effens mak geword met die brandpaaie en voorbrande en gaan hierdie praktyke weer opskerp. Buiten die helfte van die twee spilpunte se spuit-pakkette en 20 spilpuntwiele is die verlies aan die deklaag en die 10 t/ha hoendermis enorm. Hierdie 170 ha lyk soos ’n teerpad ná die brand. Die wind is nou ons grootste risiko vir verliese weens erosie. Ons gebruik ’n skotteleg om ’n kunsmatige grondbedekking van kluite op die grond te skep, wat as ’n windbreek kan dien en erosie beperk. Die grond is so droog dat dit natuurlik hierdie kluite vorm onder die skottelploeg.

Zunckel het nie oes- of masjinerieversekering op sy boerdery nie. Hierdie skade word uit sy eie sak herstel. Foto: Egon Zunckel
Die aluminium van die koppelstukke van die spilpunt se dryfas is deur die hitte van die brand gesmelt. Foto: Egon Zunckel
5. ’n Afvoersloot lê toegewaai met bogrond nadat die brand die deklaag vernietig het. Foto: Egon Zunckel
brand
’n Deklaag wat oor 15 jaar se geenbewerking opgebou is, brand in ’n oggend tot niet. Op die voorgrond kan die oesreste gesien word. Die kolle wat lyk asof dit kaal grond is, is ’n 25 mm laag organiese materiaal, wat die grond teen son en wind beskerm. Foto: Egon Zunckel

Bedek die grond

“As daar genoeg vog en tyd was, sou ons nou ’n dekgewasmengsel wou vestig om bedekking op die grond en lewe in die grond te kry. Ons sal nou sojabone in die kaal grond plant en ’n biologiese stimulant tydens plant insit sonder chemiese kunsmis. Sodra die sojabone begin ryp word, sal ons kyk om ’n dekgewas daar te vestig. Dit is nou noodsaaklik om so vinnig as moontlik daardie grond weer te bedek en organiese materiaal op en in die grond te kry.”

Vanjaar is die sesde droë lente wat Zunckel beleef, maar die eerste keer in vyf jaar dat al hul damme met planttyd genoegsame water het. “Ons sal al ons besproeiingslande op tyd kan plant en sal dan ons voorbereidings maak om ons droëlande te beplant sodra die reën kom. Hopelik is die eerste reën nie soveel dat ons nie kan plant nie.”

brand
6. Met ’n skottelploeg skep Zunckel nou ’n kunsmatige grondbedekking om gronderosie te voorkom. Foto: Egon Zunckel
brand
Direk na die brand, op 29 Oktober, waai die wind die bogrond op Zunckel Farming weg – iets wat jare laas op hierdie plaas gebeur het. Foto: Egon Zunckel

Mnr. Guy Thibaut, grondkundige van die landboukollege Cedara, gaan later vandeesweek grondmonsters neem van die grond wat gebrand het en die grond wat nie gebrand het nie. Dit sal ’n aanduiding kan gee van watter regstellende bemesting Zunckel Farming moet toedien, asook wat die uitwerking van die brand op grondkoolstofvlakke, voedingstowwe en ander aanduiders van grondgesondheid gehad het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Life is exciting when you meet the right person
I am a down to earth person outgoing people's person love braai outdoors and also like to be at home watching movies and listening to music ek geniet my werk is n hard...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot