Met ’n frons kyk boere en Kimberliete einde September op na die rookwolke wat al hoe donkerder raak namate die wind die vlamme oor die geil weiding en vee- en wildkuddes binne twee distrikte druk.
Te midde van noodkrete word moue opgerol. Boere soos voorvegters by die vuurvegters op hul bakkies, swart afgeëts teen die oranje gloed en knetterende vlamme.
Intussen maak plaaslike sakemanne geld en vliegtuie beskikbaar, vroue smeer toebroodjies, mans ry ná werk met bakkies vol koeldrank en kos na die “gevegsfront” en ander stort geld in ’n hulpfonds om ’n vliegtuig op te stuur.