Senwes het hande gevat met sy klante en verskaffers om boere van die Vrystaat en Noordwes by te staan wat verliese gely het tydens vanjaar se verwoestende veldbrande.
? Brandrampfonds is gestig vir Agri Noordwes en Vrystaat Landbou, waaruit elkeen van dié landbou-unies ? bedrag van R220 000 ontvang het.
Buiten die kontant en produkte wat deur boere geskenk is, het hul boonop mielies beskikbaar gestel vir verkoop. Senwes kon hierdie mielies vir ongeveer R200 000 in die mark verkoop.
Van Senwes se verskaffers het ook hul harte oopgemaak en ? verskeidenheid veemedisyne en waterpype is geskenk. Die verskaffers is Engen, Pfizer, MSD, Cipla, Bayer, Afrivet, Ceva en Vergenoeg Pype vir dié skenkings. Die produkte sal tussen Agri NW en Vrystaat Landbou verdeel word.
Mnr. Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, het die klante en die betrokke verskaffers bedank vir die bydraes wat elkeen gemaak het ten opsigte van grane of produkte wat geskenk is ten bate van die brandrampfonds. Ek weet dat elke skenking ‘n wesenlike bydrae gemaak het tot die finansiële en emosionele herstel van die produsente wat verliese gely het.”
Volgens mnr. Jack Armour van Vrystaat Landbou, ontvang landbou-unies al hoe minder bystand van die staat en daarom het hulle die grootste waardering vir Senwes se ondersteuning. “Die fonds help produsente in nood om vinniger weer op hul voete te kom,” het hy gesê.
Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê dat die projek ‘n prysenswaardige poging van Senwes, sy klante en verskaffers is. “Dié gebaar getuig die meelewing van die mense in ons landboufamilie,” het Du Toit gesê.
Die plaaslike boereverenigings sal ? amptelike skrywe, wat die produsente se besonderhede wat voer en diesel benodig, bevat, via hul streeksverteenwoordigers by die onderskeie landbou-unies inhandig. Agri NW en Vrystaat Landbou sal dan die geld volgens ? merietestelsel aan dié produsente toeken.
17 Oktober 2011