Daar is tans nie ’n tekort aan brandstof nie, maar die vereniging van groothandelaars van vloeibare brandstof (LFWA) sê dit is onregverdig dat boere hulle in planttyd oor moontlike tekorte moet kwel omdat Suid-Afrika nie ’n strategiese reserwe het nie.
Mnr. Peter Morgan, uitvoerende hoof van die LFWA, sê om vir die oomblik genoeg te hê, is nie goed genoeg nie. Daar moet ’n strategiese reserwe van 30 dae wees vir noodgevalle.
Volgens hom is dit onmoontlik om te voorspel wat in die toekoms gaan gebeur omdat alles van internasionale gebeure afhang. “Ons koop net die klaar verwerkte produk en raffineer nie eintlik meer nie, behalwe by Sasol. Dit is die werklike bekommernis. Ons is net ’n ontvanger aan die einde van die lyn het geen beheer meer oor ons voorsiening nie.”