AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Brandstof: Kommer oor boere se veerkragtigheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Só lyk die Case IH 6140-stroper.
Só lyk die Case IH 6140-stroper.
Terwyl kommoditeitspryse voortdurend wissel, is boere nie in ’n posisie om vinnig daarby aan te pas nie, sê dr. Jack Armour, bedryfshoof van Vrystaat Landbou.

Boere, veral saai- en besproeiingsboere, het ’n baie groot kapitaalbelegging in dieselaangedrewe toerusting, wat meestal met skuld gefinansier is, sê hy. Hulle kan dus nie vinnig verander na alternatiewe energiebronne nie.

“Net soos wat hulle prysnemers is vir hul produk, moet hulle noodgedwonge die hoër stygende insetkoste absorbeer. Boere wat reeds leweringskontrakte gesluit het, kan nie baat vind by die stygende graanpryse nie. Boere wat nog nie alles vasgeteken het nie, hou nog bietjie aan om te sien wat die pryse doen.”

Hy sê niemand kon voorspel dat Rusland Oekraïne sou inval en ’n groot omwenteling wêreldwyd veroorsaak nie. Die toekomsontleder mnr. Clem Sunter het jare gelede toe die ruolieprys nog $40 per vat was, gewaarsku dat gebeurlikheidsplanne ingestel moet word vir wanneer (nie as nie) die olieprys $80 per vat bereik.

“Nou het dit al by $120/vat gedraai. Almal hoop dat die oorlog tot ’n einde sal kom en alles na normaal sal terugkeer, maar gaan dit? Hoop is nie ’n strategie nie, het oorlede Jacobus Stroebel dikwels gesê. My gevoel is dat die oorlog ’n katalisator was wat die migrasie na hernubare energiebronne versnel het. Die landbou sal nie met elektriese voertuie kan voortgaan nie.”

Volgens Armour bly gas ’n oorgangsbrandstofbron en enjins kan aangepas word om vloeibare petroleumgas te benut. “Maar sal dit die landbou kan aandryf? Die biodiesel-etanolsommetjie het voorheen nie vir Suid-Afrika geklop nie. Veral met die nood aan bekostigbare voedsel, maak die grootskaalse verbouing van voedselgewasse deur die gebruik van brandstof nie sin nie. Is waterstof die antwoord? New Holland het al jare gelede ’n waterstofaangedrewe trekker bekend gestel.

“Op kort termyn sal boere moet voortgaan om te boer en voedsel te produseer op die enigste manier wat hulle ken en met die toerusting tot hul beskikking. Natuurlik gaan brandstofpryse hul winsmarges knou totdat voedselpryse weer aanpas. En voedselinflasie blyk ’n groot dreigement vir nasionale stabiliteit te wees.”

Dieseldiefstal kommerwekkend

Die styging in dieseldiefstal is volgens hom nog ’n kommerwekkende verskynsel.

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou, sê dit moeilik is om die omvang van dié kwessie te bepaal omdat 20% tot 30% van die boere in die Vrystaat dit nie by die polisie aanmeld nie, of bewyse daarvan kan lewer nie.

Boere meen egter volgens haar dat hulle voortdurend onder dié misdaad deurloop en jaarliks, of selfs elke ses maande, van 500 liter tot 1 000 liter weens diefstal verloor. Dit beteken dat boere in die Vrystaat sowat 3 632 500 liter elke ses maande of 7 265 000 liter diesel jaarliks verloor. Teen R23 per liter diesel is dit ’n gemiddelde jaarlikse verlies van ’n beraamde R167 miljoen weens dieseldiefstal.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.34
-0.0%
Rand - Euro
18.30
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.75
+0.6%
Silwer
23.33
+0.8%
Palladium
1,916.30
+0.9%
Platinum
1,027.00
+0.7%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,237
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot