AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Brandstof: Nóg ’n prysskok kom in Junie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Aangesien die departement van energie se tydelike verlaging van die algemene brandstofheffing net tot Dinsdag 31 Mei geld, kan die prys van diesel volgende maand met meer as R3 per liter styg.

Hoewel dit nog vroeg in die maand is, sê mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou, dat die huidige syfers reeds op nog ’n styging in die prys van brandstof in Junie dui.

Die onderverhaling van diesel was Maandag 9 Mei tussen R1,93 en R1,96. Die Brent-ruolieprys het egter gister gedaal, wat effense verligting kan bring.

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB Agribesigheid, sê die moontlike reuseprysstying sal druk op boere se finansies plaas. Boonop is daar aanduidings dat rentekoerse in die toekoms aansienlik sal styg nadat dit in Maart met 0,25% (25 basispunte) tot 4,25% verhoog is. Dit sal boere dus meer kos om hul skuld af te betaal.

“Ons betree ’n besige tyd op die landboukalender. Die vraag na en verbruik van brandstof is hoog. Die verhoging van brandstofkoste is slegte nuus vir produsente aangesien produksiekoste waarskynlik reg oor die waardeketting sal toeneem. Die oes van somergraan en oliesaad het pas begin en sal in Junie spoed optel, terwyl bedrywighede vir die aanplant van wintergewasse hul spits bereik.

“Graanprodusente en logistieke maatskappye in die landbouwaardeketting sal veral die pyn voel aangesien 80% van graan padlangs vervoer word. Vee- en tuinbouboere sal ook ten opsigte van verspreiding en uitvoer geraak word. As gevolg hiervan sal voedselinflasie bo 6% bly.”

DA beplan nuwe wetgewing

Mnr. Kevin Mileham, DA-LP, sê die DA beoog wetgewing om verbruikers teen stygende brandstofpryse te beskerm. “Suid-Afrikaners sukkel om finansieel kop bo water te hou, terwyl werkloosheid aanhou toeneem. Ons versoek mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, om die belastingverligting voort te sit en die hersiening van die prysmodel vir brandstof te bespoedig.”

Die DA wil ’n private ledewetsontwerp bekend te stel wat die deregulering van brandstofpryse uiteensit ten einde mededinging tussen groot- en kleinhandelaars aan te moedig en verbruikers teen uitermatige prysstygings te beskerm deur die basiese brandstofprys van belasting en heffings te ontkoppel.

“Ons waardeer die tesourie se steun van ’n dereguleerde brandstofprys en versoek Gondongwana om in gesprek te tree met mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, wat tot dusver die beskerming van die publiek belemmer het. Die ANC-regering kan nie aanhou om ideologie hoër op prys te stel as Suid-Afrikaners se welstand nie. Voortdurende brandstofprysstygings sal die ekonomie kniehalter en verbruikers se rûe breek.”

Oorlog plaas verdere druk op boere

Die Wes-Kaapse departement van landbou het gister gewaarsku dat die voortslepende oorlog tussen Oekraïne en Rusland ’n bedreiging vir die plaaslike landbousektor is aangesien dit tesame met stygende brandstofpryse verdere druk op produksiekoste plaas, sê mnr. Andricus van der Westhuizen, DA-lid van die provinsiale wetgewer.

Produksiekoste word verder opgejaag deur stygende kunsmispryse en verskepingskoste, die ontwrigting van vrugteverpakking in Kirkwood weens die onlangse onluste, die vloede in KwaZulu-Natal en bottelnekke in die Kaapstadhawe. As gevolg hiervan sal voedselpryse waarskynlik styg.

“Ons sien reeds skerp stygings in die pryse van basiese voedselprodukte met verdere stygings wat sal volg. Die Wes-Kaapse staande komitee op landbou het die nasionale regering versoek om nog voedselprodukte van belasting op toegevoegde waarde vry te stel. Dit is skokkend dat stygende voedselpryse daartoe sal lei dat die regering meer uit dié belasting sal verdien. Weer eens is dit armes wat die meeste sal ly.”

Hy sê die plaaslike landbousektor is kwesbaar weens ’n gebrek aan gunstige bilaterale ooreenkomste met winsgewende internasionale markte en moedig die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en die departement van handel en nywerheid om ooreenkomste met stabiele markte te ondersoek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
"Workaholic" wil bietjie chill...
Sjoe. Jy hoef my glad nie te leer ken nie maar ek is nogal oulik. Ek hou baie van lag. Grappies is lekker.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot