AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,2
-0,80
CORN
22 Mrt
-
4590
25,00
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9400
-355,00
WEAT
22 Mrt
-
6525
-85,00
WMAZ
22 Mrt
-
3886,6
-63,40
YMAZ
22 Mrt
-
4100
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Brasiliaanse hoenderboere kap terug oor ‘storting’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bevrore hoenderstukke ter illustrasie. Foto: Carien Kruger
Bevrore hoenderstukke ter illustrasie. Foto: Carien Kruger
Brasiliaanse hoenderboere reken hulle vul met hul hoendervleis ’n gaping waarin Suid-Afrikaanse produsente nie kan voorsien nie.

Die Brasiliaanse vereniging van diereproteïenprodusente (ABPA) is ontevrede daaroor dat die indruk gewek word dat hulle hoendervleis in Suid-Afrika stort.

Die ABPA sê Brasilië voer na meer as 140 lande uit. “Suid-Afrika is die enigste land wat dié narratief teen Brasilië skep,” sê mnr. Luis Rua, ’n ABPA-verteenwoordiger.

“Ons meen dit is baie onregverdig. Ons weet ons stort nie ons hoendervleis in Suid-Afrika nie,” sê hy in ’n verklaring wat in Suid-Afrika versprei is deur ChickenFacts, wat deel is van die vereniging van vleisinvoerders en -uitvoerders (Amie). ChickenFacts sê hy het onderhoude met Brasiliaanse pluimveeprodusente gevoer om ander sienings te kan bied.

“In 2011 (met ’n vorige stortingsondersoek) het ons bewys dat ons nie ons hoendervleis stort nie. Ons hoop dat ons die geleentheid sal hê om dit weer te bewys,” sê Rua. “Ons weet dat Suid-Afrika nie genoeg hoendervleis kan verskaf om in die vraag te voorsien nie. Ons wil graag bewys ons doen niks verkeerd nie.”

Die verklaring kom nadat die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) verlede jaar by die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) aansoek gedoen het om teenstortingstariewe op sekere hoendersnitte uit Brasilië, Ierland, Spanje, Pole en Denemarke.

Itac het in Desember die ongewone stap gedoen om voorlopige teenstortingstariewe in te stel, wat tot Junie geld en wat tariewe van tot 265% op sekere snitte uit Brasilië insluit.

ChickenFacts sê ABPA is ontevrede oor die opvatting dat Brasiliaanse pluimveeprodusente roofsugtige handelsvennote is wat hul hoendervleis teen kunsmatig lae pryse aan Suid-Afrikaanse verbruikers wil verkoop, teen laer pryse as plaaslike produsente s’n en wat só plaaslike produsente se volhoubaarheid onder druk plaas.

“Meer as twee derdes van ons uitvoer na Suid-Afrika is byvoorbeeld meganies ontbeende vleis, wat deur fabrieke gekoop word om produkte soos polonie en wors te maak. Suid-Afrika produseer nie sy eie meganies ontbeende vleis nie: Hy moet dit van ons kry.”

Rua sê plaaslike produsente kan met sommige soorte hoendervleis nie in die vraag voorsien nie. “Ons is bly ons kan daardie gaping vul. Dit ontstel ons dat ons van storting beskuldig word en ons werk met al die owerhede saam om te bewys dat ons nie stort nie.

“Brasilië het deur beplanning produkte van deurlopend hoë gehalte, oorvloedige natuurlik hulpbronne en deurslaggewende samewerking tussen sektore daarin geslaag om ’n uitvoerreus te word.”

Rua sê daar is geen voëlgriep in Brasilië nie. “Ons is dalk gelukkig dat ons nie die wildevoëlbevolkings het wat die virus dra nie, maar ons werk ook baie hard om dit te monitor en seker te maak dit sluip nooit in nie.”

Brasilië het volgens ChickenFacts in 2021 sowat 4,6 miljoen ton pluimveeprodukte uitgevoer, nagenoeg 32% van sy totale produksie. Die land was 12 jaar lank die top-hoendervleisuitvoerder en die vraag na sy produkte sal na verwagting vanjaar verder groei.

Die handelsontwrigting wat die Russiese inval in Oekraïne veroorsaak het, beteken dat laasgenoemde se uitvoer na die Europese Unie en Saoedi-Arabië afneem. Brasilië sal na verwagting dié gaping vul.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.53
+0.0%
Rand - Pond
22.75
-0.4%
Rand - Euro
19.98
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
975.53
+0.3%
Palladium
1,390.90
-1.1%
Goud
1,942.04
+0.1%
Silwer
22.42
+0.1%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,395
+0.9%
Alle aandele
74,846
+0.8%
Hulpbronne 10
65,117
-0.8%
Industriële 25
101,193
+1.4%
Finansiële 15
15,298
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot