AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Boordkundige se stem lig die dak by Agri's Got Talent-kompetisie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, by die AGT 2022-wenner, Jasmine Bones. Foto: Verskaf
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, by die AGT 2022-wenner, Jasmine Bones. Foto: Verskaf
Jasmine Bones, 'n boordkundige van Witzenberg Properties in Ceres, het haar lewe lank daarvan gedroom om mense se lewens en harte met musiek aan te raak.

Gisteraand by die Agri's Got Talent-grand finale wat op Goudini buite Worcester gehou is, het sy dit uiteindelik reggekry en die negende wenner van dié unieke sangkompetisie geword.

Agri's Got Talent vier landbou as 'n sektor sowel as landbouwerkers wat sterk gebly het gedurende die covid-19-uitdagings. 

Bones, wat verantwoordelik is vir die boordargitektuur en snoei by Dennekruin, se stem het die saal se dak spreekwoordelik gelig met haar weergawes van die liedere River deep mountain high en It's all coming back to me now

Agris Got Talent, Jasmine Bones
Agri’s Got Talent 2022 wenner, Jasmine Bones in aksie op die verhoog. Foto: Verskaf

Sy sê haar liefde vir musiek kom vanaf haar ouma wat haar gereeld as dogtertjie opgetel het en gesing het terwyl hulle saam op die plaas rondloop. 

"My hele familie is mal oor musiek, ons is ’n familie van musikante en sangers," vertel sy.

Bones sê alle musiek raak haar siel aan en hoewel sy van ballades hou, behoort haar hart aan gospel. 

Raymond Swartz van Haygrove Growing Systems op Grabouw het die tweede plek verower.

Die derde plek het na Gerthroline Philander van Duo Fruit in Worcester gegaan.

Agris Got Talent, Jasmine Bones
Die top drie sangers vir 2022, van links Raymond Swartz (tweede), Jasmine Bones (wenner) en Gerthroline Philander (derde plek). Foto: Verskaf

Beide Swartz en Philander het ’n geskiedenis met Agri's Got Talent: Verlede jaar se wenner, Faith Nogemane, is Swartz se suster en Philander se suster, Magdaleen, was in 2019 die AGT-naaswenner.

Agri Wes-Kaap het die prysgelde vir die top 3 geborg.

Drovigas Goshai van Marlenique Pakhuis in Simondium het die Afrikaanse Taalraad se spesiale toekenning vir die beste sanger in ’n inheemse taal gewen. Hy het die skare in die gange laat dans met sy vertolking van die lied Lemoene. 

Gisteraand se extravaganza was die eerste lewendige konsert sedert 2019.

Die 2020- en 2021-eindrondes was op digitale platforms uitgesaai weens die pandemie.

"Oor die afgelope twee jaar het die Suid-Afrikaanse landboubedryf veerkragtig gebly in ’n tyd van diepe onsekerheid," vertel die projekbestuurder, Thea van Zyl.

"Agri's Got Talent is nie net 'n sangkompetisie nie, maar ook 'n maatskaplike ontwikkelingsprogram vir landbouwerkers."

Die program is ’n gesamentlike onderneming tussen Hortgro, die sitrusprodusentevereniging, Vinpro, SATI (Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf) en die Wes-Kaapse departement van landbou. 

Agris Got Talent, Jasmine Bones
Al die finaliste wat aan die kompetisie deelgeneem het. Foto: Verskaf

Die finaliste het almal stem-, verhoog- en media-opleiding ontvang. Hulle het ook ’n sessie met ’n voorkomskonsultant bygewoon wat nuwe klere en selfversorgingspakkette vir hulle aangebied het.

Daarbenewens het Procare ’n reeks selfontwikkelingswerkswinkels gehou om die finaliste se selfvertroue te ontwikkel, hulle te leer om beter te kommunikeer en konflik te hanteer, asook hoe om geld te bestuur.

"Hierdie vaardighede is nie net van waarde vir dié wat potensiële musiekloopbane oorweeg nie, maar ook in die werksomgewing," sê van Zyl.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.2%
Rand - Pond
24.54
-0.4%
Rand - Euro
21.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.82
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
996.14
-1.7%
Palladium
1,366.08
-2.8%
Goud
1,962.88
+0.2%
Silwer
23.52
+1.4%
Brent-ruolie
73.54
-4.8%
Top-40
69,998
-1.3%
Alle aandele
75,068
-1.2%
Hulpbronne 10
67,512
+0.7%
Industriële 25
102,774
-2.9%
Finansiële 15
14,415
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Kom ons skryf ons eie Roman
Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot