AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
Deel

Buffeltweeling verras boer in Limpopo

Buffeltweelinge is baie skaars, dus was dit 'n groot verrassing vir 'n boer van Limpopo toe 'n tweeling in sy buffeltrop gebore is.

'n Baie skaars bonus het 'n boer van Limpopo te beurt geval met die geboorte van tweelingbuffelkalwers op sy wildplaas naby Marken.

Mnr. Johan du Plessis van die plaas Boskaroo boer sowat 12 jaar met eksotiese wild maar het voor dié geboorte nog nie gehoor van 'n geboorte van tweelingbuffels nie.

"My plaasbestuurder het my gebel en gevra of ek al het gehoor het van tweelingbuffelkalwers," sê Du Plessis, wat in Pretoria woon en deeltyds boer. Sy bestuurder het hom ingelig dat 'n baie skaars geboorte van tweelingbuffelkalwers op Boskaroo plaasgevind het.

Vyfde plaaslike geval

Landbou.com het in 2013 berig van 'n buffelmeerling wat op 'n plaas naby Jongensfontein gebore is. Die boer op wie se plaas die geboorte plaasgevind het, mnr. Lood Goosen, het destyds vertel dat volgens sy ondersoek was daar nog net drie ander gevalle in Suid-Afrika waar buffels tweelingkalwers gehad het.

Dit maak dié geval die vyfde bevestige een in die land.

Du Plessis vertel hy teel met buffels en sy diere het 'n redelike goeie bloedlyn. Sy plaasbestuurder het maklik besef daar is 'n tweeling gebore omdat die koei die enigste dragtige een in die trop was.

Meerlinge by groter diersoorte

Volgens dr. Cindy Harper van die Universiteit van Pretoria se fakulteit veeartsenykunde is meerling by groter diersoorte baie skaars en is dit boonop nie maklik om tweelingkalwers in 'n buffelkudde te bevestig nie.

Dit gaan tans goed met die tweeling en albei drink aan hul ma.

"Die twee lyk albei redelik gesond, hulle loop by hulle ma en ons kyk elke dag of daar nie een is wat swakker word of begin uitval nie. Sover gaan dit goed met al twee," sê Du Plessis.

Hy sê ook hy beplan om uit te vind of 'n tweeling premiewaarde sal hê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot