
Buitelanders sal nou tevrede moet wees met ’n langtermyn-huurpag met ’n minimum tydperk van 30 jaar. Wetgewing in dié verband sal ook binnekort in die Parlement ter tafel gelê word.
Volgens Die Burger het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, die ANC se besluit teen buitelandse grondbesit herbevestig. ’n Kombinasie van vrypag en langtermyn-huurpag sal in die toekoms vir buitelanders geld.
Ingevolge die beplande wetsontwerp sal almal grondbesit moet verklaar in die belang van wetenskaplike inligting, het Nkwinti gesê.
“Hoewel ons weet dat 79% van grond in private besit is, 14% in staatsbesit en 7% onduidelik is, moet ons dit ontleed in terme van ras en nasionaliteit,” aldus Nkwinti.
Bron: Die Burger.