AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Bunkers vergroot Afgri se bergvermoë

Afgri se bergvermoë vergroot met vyf nuwe bunkers, en dis ook nader aan boere se plase, wat vervoerkoste verminder.

Die landboudienstemaatskappy Afgri het sy bergvermoë vergroot deur vyf nuwe bunkers in drie provinsies te bou.

Die maatskappy het in ’n verklaring gesê hy het losstaande bunkers by Sandspruit  in Mpumalanga en Bergville in KwaZulu-Natal gebou.

Die Sandspruit-bunker, naby Volksrust in Mpumalanga, is gebou nadat boere in die omgewing geraadpleeg is en ’n haalbaarheidstudie gedoen is. Die Bergville-omgewing het tradisioneel ’n tekort aan bergingsvermoë gehad omdat sowel somergraan en koring in die gebied verbou word.

“Graanprodusente is baie opgewonde oor die bunkers, omdat hulle nou die voordele geniet van die tegnologie wat Afgri in sy bergingsgeriewe bied,” sê mnr. Chris Venter, hoof uitvoerende beampte van Afgri

’n Verdere drie bunkers is by Afrikaskop en Eeram in die Vrystaat en Amersfoort in Mpumalanga opgerig.

In die Vrystaat is die bunkers naby Afgri se silo’s opgerig om te kan voorsien in die toenemende vraag na berging. Die Eeram-bunker sal vir somergraan gebruik word met al meer koring wat in Harrismith geberg word danksy Afgri Milling se nuwe koringmeul.

Buiten vir Sandspruit, waar nog vir finale goedkeuring gewag word, is alle Afgri-bunkers by Safex geregistreer en geniet daarom dieselfde voordele as silo’s.

Venter sê die bykomende bunkergeriewe hou groot voordeel vir boere in, omdat dit nader aan hul plase is, wat vervoerkoste verminder, en die graan volgens streng kriteria geberg word.

Bunkers is baie goedkoper om te bou en die groot voordeel is dat ’n bunker gebou kan word in die regte produksiegebied. Afgri bestuur altesame 15 losstaande en 8 tydelike bunkers in Suid-Afrika met 'n totale bergvermoë van 568 000 ton.

Venter sê hoewel hierdie bunkertegnologie maklik in Afrika opgerig kan word, lyk die mark anders. Sakke en pakhuisberging is meer algemeen is omdat boere op kleiner skaal boer en graanbestuur meestal nog nie op groot maat werk nie.

Afgri bestuur in Zamibië  een bunker en agt pakhuise, in Uganda drie pakhuise en in Congo Braszaville een silosakgerief.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot