AFGRI
BEAN
29 Me
-
9677
0,00
CORN
29 Me
-
4183
39,00
SOYA
29 Me
-
7820
-63,00
SUNS
29 Me
-
8735
-34,00
WEAT
29 Me
-
6569
53,00
WMAZ
29 Me
-
3661
10,00
YMAZ
29 Me
-
3818
15,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Burokrasie mag nie oplos van kragkrisis ontspoor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa se hernude klem op die kragkrisis is welkom, maar die landbousektor bly bekommerd oor die voortslepende en verwoestende impak van beurtkrag.

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, sê die sektor bevraagteken verder die noodsaaklikheid en waarde van die verklaring van ’n nasionale ramptoestand om die krisis die hoof te bied.

Die aankondiging van ’n nuwe minister van elektrisiteit in die presidensie, die magte van die nuwe department en die onderskeiding tussen dié departement en die departement van minerale en energie en die departement van openbare ondernemings moet ook volgens hom duidelik uiteengesit word om te voorkom dat ’n burokratiese nagmerrie geskep word wat die oplossing van die kragkrisis eerder belemmer as versnel.

Die president het ook aangekondig dat die ramptoestand gebruik sal word om noodsaaklike infrastruktuur van beurtkrag vry te stel.

“Agri SA herhaal sy versoek dat die landbousektor ingevolge sulke regulasies as ’n noodsaaklike diens verklaar moet word. Gegewe die belangrikheid van voedselsekerheid tot die welstand van Suid-Afrikaners en die land se stabiliteit, moet hierdie gedeeltelike vrystelling van beurtkrag bo fase 4 ook toegepas word in die landbousektor wat van elektrisiteit afhanklik is vir besproeiing, verpakking, verwerking en koelopberging.

“Agri SA verwelkom die stappe om die kapasiteit van Suid-Afrika se hawens aan te pak, asook die pogings om infrastruktuur soos spoor, paaie en landelike brûe te verbeter.

“Daar moet nog gesien word hoe vinnig hierdie projekte op dreef sal kom, wat die produktiwiteit van die landbousektor sal verbeter. Agri SA sal onvermoeid werk sodat hierdie noodsaaklike ingrypings die beskerming van volhoubare voedselproduksie in Suid-Afrika te verseker.”

Rampverklaring nie die oplossing

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die organisasie meen steeds dat die verklaring van ’n nasionale ramptoestand nie die oplossing vir Suid-Afrika se kragkrisis is nie.

“Korrupsie het tydens die covid-19-pandemie geseëvier en ons is bekommerd oor die nagevolge van die rampverklaring. Watter waarborg is daar dat die geskiedenis homself weer gaan herhaal nie?”

Hoewel Ramaphosa die erns van die kragkrisis erken, is Agri Wes-Kaap bekommerd oor wie werklik verantwoordelikheid vir Eskom sal neem. “Daar is geen finansiële plan op die tafel gesit nie, en ons hoop lê nou in die ministerie van elektrisiteit, maar of hy opgewasse is vir dié groot taak, is die groot vraag.”

Hy sê dit is verblydend dat Ramaphosa verwys het na watersake en infrastruktuur. Die aankondiging om damme se kapasiteit te vergroot is veral welkom. Daar is egter volgens hom min oor veiligheid gesê en Agri Wes-Kaap meen dat misdaad in Suid-Afrika ook dringende ingryping benodig.

“Die feit dat die president melding van die landbousektor gemaak het, wys dat die president die belangrikheid van die landbou verstaan. Om die landbousektor en sy waardeketting as noodsaaklike dienste te verklaar, sal ’n stap in die regte rigting wees.”

Boere sal bly planne maak

Op sy beurt sê Vrystaat Landbou, ongeag of die regering kan hou by die edele planne waartoe Ramaphosa hom in sy staatsrede verbind het, sal die boere van die Vrystaat voortgaan om planne te maak om probleme die hoof te bied, “soos dit in hul DNS vasgestel is”.

Luidens ’n verklaring verwelkom VL die verbintenis deur die presidensie om die energieprobleme met dringendheid aan te pak en wag hy op maatreëls wat na die tesourie verwys word om alternatiewe energieproduksie aan te spoor en netwerkkapasiteit en betroubaarheid te verhoog.

Volgens dr. Jack Armour, handelsbestuurder van VL, het Vrystaatse boere aangedui dat beurtkrag die sektor in net twee maande (Des 2022 en Jan 2023) minstens R371 miljoen gekos het. “Dié R371 miljoen bestaan uit oesverliese as gevolg van boere wat nie kan besproei nie, ander boere en landboubesighede wat nie kouekettings in stand kan hou en voedsel verwerk nie en gedwonge besteding aan alternatiewe energiebronne en die brandstof om dit te bedryf.”

Mnr. Friedl von Maltitz, visepresident van VL, het oor die verklaring van ’n ramptoestand gesê dat VL, soos ander organisasies, gekant is teen die aankondiging, gegrond op die korrupsie en gevaarlike vlakke van mag wat tydens covid-19 aan die staat verleen is. “Ons sal ons lede aanspoor om aan die regulasies te voldoen, maar waar regulasies teenproduktief is vir finansiële oorlewing en/of voedselsekerheid, sal ons dadelik toetree om die amptelike kanale te mobiliseer soos ons tydens covid-19 gedoen het.”

Von Maltitz sê daar kan net gehoop word dat Ramaphosa in staat is om woord by die daad te voeg en die veranderinge wat nodig is, deurvoer. “Ongeag, ons sal voortgaan om voedsel vir Suid-Afrika se burgers te produseer.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.71
-0.3%
Rand - Pond
24.34
-0.3%
Rand - Euro
21.14
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.88
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
1,027.71
+0.5%
Palladium
1,425.97
-0.3%
Goud
1,942.86
-0.2%
Silwer
23.23
-0.4%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,326
-0.1%
Alle aandele
76,523
-0.1%
Hulpbronne 10
67,622
+0.3%
Industriële 25
106,118
-0.2%
Finansiële 15
14,613
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Glimlag en voed jou Siel.
As jy nog opgewonde is oor die lewe, aktief is en lief is vir jouself, moet ons ontmoet. Ek is afgetree maar doen nog kontrak werk. Ek is redelik aktief. Ry gereeld fiets. Stel...
Kom ons kyk.....
Ek is n baie liefdevolle mens wat hou van lag, en die lewe geniet. Baie lief vir reis, kosmaak, diere en kinders.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot