AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Byeboere bekommerd oor wydverspreide vernietiging van korwe

akkreditasie
Die nadraai van die onlangse vernietiging deur misdadigers van ongeveer 250 kommersiële byekorwe in KwaZulu-Natal. Foto: Craig Campbell
Die nadraai van die onlangse vernietiging deur misdadigers van ongeveer 250 kommersiële byekorwe in KwaZulu-Natal. Foto: Craig Campbell
Die onlangse moedswillige vernietiging van ongeveer 250 kommersiële byekorwe deur vermeende heuningdiewe in ’n kommersiële bosbouplantasie in KwaZulu-Natal was nie ’n alleenstaande geval nie.

Byeboere met wie Landbouweekblad daarna gepraat het, het almal bevestig dat die diefstal van heuning uit byekorwe, die gepaardgaande vernietiging van korwe en die doodmaak van hul swerms bye, asook die diefstal van die totale korwe, gereeld en wydverspreid in Suid-Afrika voorkom.

Die eienaar van die byekorwe wat in KwaZulu-Natal vernietig is, mnr. Craig Campbell, wat Midlands Honey besit, het gesê dat sulke misdadige optrede teen byeboere in sy provinsie veral sleg was in die Zoeloeland-omgewing, maar dat die res van die provinsie “nie ver agter” is nie.

“Dit lyk asof dit erger word, nie net met diefstal van heuning nie, maar ook die totale vernietiging van toerusting en, veral, die doodmaak van gesonde bye,” het hy gesê.

Me. Inge Lotter, koördineerder van die Mpumalanga-byegroep, het gesê dat sy verlede jaar alleen 200 byekolonies en 76 byekorwe verloor het weens misdadigers. Uit desperaatheid moes sy R100 000 bestee op beskermingsmaatreëls soos hokke en veilige staanplekke vir haar byekorwe, wat sy hoofsaaklik uitkontrakteer om gewasse op plase te bestuif.

“Die koste om ons korwe te beskerm raak astronomies. Dit is benewens die feit dat die meeste van ons nou 25% tot 35% van ons inkomstepotensiaal verloor as gevolg van diefstal en skade wat misdadigers veroorsaak. ’n Korf en ’n swerm word saam teen R2 500 tot R3 000 gewaardeer, uitgesonder die rame en ander toerusting,” het sy gesê.

Lotter het daarop gewys dat ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie regstreeks en onregstreeks afhang van bestuiwing deur bye.

Mnr. Mike Miles, ’n veteraanbyeboer en voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse byebedryfsorganisasie (Sabio), het gesê korwe is maklike teikens vir misdadigers omdat hulle dikwels in afgesonderde landelike gebiede is.

Hy het hierdie misdadigers beskryf as diegene wat opportunisties heuning steel om te eet of te verkoop, of wat heuning en heuningkoeke uit die korf steel om tradisionele bier te maak. Dan is daar diegene wat om kwaadwillige redes korwe vernietig. Laasgenoemde kan ander byeboere insluit wat hul mededingers wil afskrik of finansieel verlam. Laastens is daar die misdadigers wat hele byekorwe steel vir eie gebruik en gewin.

“Ongelukkig word heuningbye en byekorwe nie ingevolge die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) beskerm nie. As hulle was, sou die polisie en die departement van landbou miskien die bedreigings van hierdie misdadigheid ernstiger opneem,” het Miles gesê.

Lotter het gesê dat die publiek bewus gemaak moet word dat die vernietiging van Campbell se korwe geensins ’n alleenstaande voorval was nie en dat dit, as dit toegelaat sou word om onbeheerd voort te gaan, ernstige gevolge vir die nasionale byebedryf en die hele land se byebevolking sou hê.

“Mense moet elke voorval van hierdie diefstalle en skadevergoeding by die polisie aanmeld sodat statistieke wat wys hoe erg die probleem is, versamel word. Elke saaknommer moet ook aan Sabio verskaf word vir sy eie rekords. Ons sal dit ook baie waardeer as die boere op wie se plase ons bye bestuiwingswerk doen, hul patrollerende veiligheidswagte vra om ook gereeld die korwe dop te hou,” het Lotter gesê.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.1%
Rand - Pond
21.01
-0.3%
Rand - Euro
18.12
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,788.19
+0.1%
Silwer
23.05
+1.4%
Palladium
1,933.50
+4.3%
Platinum
1,009.00
+0.3%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,282
+0.6%
Alle aandele
74,467
+0.6%
Hulpbronne 10
73,812
+0.8%
Industriële 25
91,705
+1.0%
Finansiële 15
15,540
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot