AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Byeboere raadop met plunderaars

akkreditasie
Foto: Jaco Wolfaardt
Foto: Jaco Wolfaardt
Byekorwe word nou dermate geplunder en gevandaliseer dat dit voedselsekerheid bedreig, terwyl byeboere sukkel om in die groeiende vraag na bestuiwingseenhede en heuning te voorsien, sê mnr. Jaco Wolfaardt, ’n kommersiële byeboer van die Wes-Kaap.

Hy en ander byeboere reg oor die land verloor jaarliks van 25% tot 30% van hul byeswerms weens vandalisme en diefstal.

“Mense breek die korwe oop om heuning te steel. As die bye hulle pla, steek hulle die korwe aan die brand,” sê hy. “As jou korf op ’n ysterpaal staan om dit uit ratels se kloue te hou, steel hulle die ysterpaal ook en verkoop dit vir skrootmetaal.”

Wolfaardt sê die grendeltyd het dinge vererger. Skoolkinders wat ledig rondloop, is glo nou die grootste sondaars. Mnr. Louis van Zyl wat in Gauteng by Carletonville met bye boer, sê hy ervaar dit ook. “Kinders is verveeld en loop rond vir kwaadgeld.”

Van Zyl het begin om byekaste uit beton te bou in ’n poging om vandalisme en die plundering van sy korwe te voorkom. Dit help, maar daar is steeds mense met die nodige toerusting wat die moeite doen om hierdie beton, wat teen dieselfde hardheid as brûe gegiet word, te breek. Hy vermoed dit is zama-zama’s (onwettige myners), wat oor die algemeen ’n probleem op Gauteng se ou goudveld is.

Van Zyl en Wolfaardt sê daar is twee soorte diewe wat byeboere se besigheid bedreig. Daar is heuningdiewe wat byekaste plunder en dikwels uitmekaar breek of aan die brand steek om by die heuning uit te kom of om die jongbykoeke uit te haal vir die maak van jongbywyn, en dan is daar diewe wat korwe en swerms bye steel. “Dit kan net ander byeboere of opgeleide werkers in die byebedryf wees,” sê Van Zyl.

Me. Inge Lotter, ’n kommersiële byeboer van Nelspruit, sê diewe met ’n bakkie het al helder oordag 23 van haar korwe gesteel.

Wolfaardt het al ’n span werkers afgedank nadat hy hulle op heter daad betrap het toe hulle die staalstaanders van sy korwe aan ’n skrootwerf verkoop het. Hy het ook al 56 van sy gesteelde korwe op ’n ander man se kleinhoewe gekry.

“Die man het verlede September teenoor die polisie skuld erken, ons het alle bewyse dat hy skuldig is, maar tot nou toe is die saak nie eens op die hofrol geplaas nie. Daar is net geen belangstelling om diewe van byekorwe en heuning te vervolg nie. Ek dink dit word as ’n geringe misdaad beskou.”

byekorwe beskadig
Foto: Louis van Zyl
byekorwe beskadig
Foto: Inge Lotter

Lotter en Van Zyl ervaar presies dieselfde gesindheid van die polisie. “As mens dit aanmeld, word daar by die aanklagkantoor vir jou gevra wie dink jy het jou korwe vandaliseer of waar moet hulle jou korwe gaan soek?” sê Lotter. “Versekeringsmaatskappye wil nie ons bye of korwe verseker nie. Ons moet maar die verliese van tot 30% as deel van ons besigheid beskou.”

Wolfaardt glo dit sal eers verander wanneer die polisie die steel en beskadiging van byekorwe in dieselfde lig as veediefstal beskou. Produsente wat bestuiwing vir hul gewasse benodig, gaan ook moet help om korwe op te pas en selfs gewasse aanplant vir nektar- en stuifmeelbronne.

“Dan kan ons ons bye op een plek los, want die meeste boere het wagte en heinings om hul plase om byeboere te kan help om hul korwe te beskerm. Ons almal weet tog sonder genoeg bye het ons hongersnood.

“Ons het reeds ’n groeiende tekort aan produksieswerms vir die landbou se bestuiwingsbehoefte. Ons kan ook nie in die land se vraag na heuning voorsien nie en intussen raak ons nektarbronne al hoe minder. Dit plaas byeboere onder druk en maak dit vir ons moeilik om die byewa op die pad te hou.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
-0.2%
Rand - Pond
20.64
+0.4%
Rand - Euro
17.91
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,751.48
-0.4%
Silwer
21.45
-0.0%
Palladium
1,856.00
-0.0%
Platinum
998.50
+1.5%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,741
-0.0%
Alle aandele
73,160
+0.0%
Hulpbronne 10
70,564
-1.2%
Industriële 25
87,999
+0.8%
Finansiële 15
16,348
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot