
Mnr. Kelvyn Breedzke, hoofbestuurder van handel by BKB, sê hulle is deur Bayer Dieregesondheid, wat as verspreider optree, in kennis gestel dat die probleme rondom die registrasie om die C-stam alleen te versprei opgeklaar is, en dat Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) reeds die nuwe voorraad van die betrokke stam vir verspreiding beskikbaar gestel het.
“Ons weet egter nie in watter volumes dit sal wees nie en of dit nou die einde van die probleme is wat met die voorsiening daarvan ondervind is, sal wees nie,” het Breedzke bygevoeg.