AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Caledonner kweek beste moutgars

’n Boer van Caledon is as SABMiller se garsprodusent van verlede jaar vir die droëlandgebiede aangewys.

’n Boer van Caledon is as SABMiller se garsprodusent van verlede jaar vir die droëlandgebiede aangewys. Mnr. Josias le Roux het vyf ander gebiedswenners uit Bredasdorp, Caledon, Swellendam en Heidelberg uitgestof.


By die toekenningsgeleentheid buite Stellenbosch het mnr. John Stenslunde, hoofbestuurder van vermouting en hopsplase by SABMiller, gesê die toekenning is daarop gemik om erkenning te gee aan gehalte moutgars wat aan die maatskappy se vermoutingsaanleg gelewer word en aan die produsente.


Die klem van die kompetisie is net op die gehalte-aspekte van moutgars wat gelewer word, soos stikstofinhoud, vetkorrels en die afwesigheid van vreemde materiaal. Die opbrengste behaal en die boerderymetodes wat gebruik word, word nie in ag geneem nie.


Die wenners in die droëlandgebiede word in twee kategorieë, naamlik medium (100 ha - 250 ha gars) en groot (meer as 250 ha), in die gebiede Caledon, Bredasdorp en Swellendam-Heidelberg aangewys. Die ses gebieds- en kategoriewenners vir Caledon was mnre. Le Roux (medium) en Erdee Erasmus (groot), vir Bredasdorp, mnre. Mossie Mostert (medium) en A.J. du Toit (groot) en vir Swellendam-Heidelberg mnre. Lourens Odendaal (medium) en Christiaan Gunther (groot).


By dieselfde geleentheid het mnr. Vincent Mphai, uitvoerende direkteur vir korporatiewe sake en transformasie by SABMiller, gesê geen land kan sonder boere oorleef nie.


“Die een ding wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie, is om boere te verloor, aangesien hulle die enigste mense is wat voedselsekerheid kan waarborg.” Sonder voedselsekerheid kan die tipe protes en onrus wat onlangs in Tunisië en Egipte gesien is, verwag word.


“ ’n Honger mens het niks om te verloor nie. En niks is so gevaarlik soos iemand wat niks het om te verloor nie.” Die toekenningsgeleentheid vir die wenners in die besproeiingsgebiede vind op 26 Maart in Kimberley plaas.


Die algehele wenner sal by dié geleentheid aangekondig word.

Foto: Mnr. Josias le Roux (vierde van links) van Caledon is SAB Miller se garsprodusent van die jaar vir die droëlandgebiede. Saam met Le Roux op die foto is, van links, mnre. John Stenslunde, Vincent Mphai, Thinus van Schoor, waarnemende voorsieningskettingbestuurder van SABMiller, en kategoriewenners Mossie Mostert, Erdee Erasmus, Lourens Odendal en Gerhard Greeff, landboudienstebestuurder by SABMiller op Caledon.

7 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot