Mnr. Carel van der Merwe, ’n boer van Van Wyksvlei en sy entiteite wat in ’n ingewikkelde likwidasiegeding met die Land Bank gewikkel is, se aansoek by die appèlhof om teen sy finale sekwestrasie te appelleer, is op 7 September met koste van die hand gewys.
Appèlregters Visvanathan Ponnan en Wendy Hughes het bevind daar is nie ’n wesenlike rede waarom die appèl teen sy sekwestrasie kan slaag of ’n appèl aangehoor moet word nie.
Dit kom in die week waarin sy aansoek in die hooggeregshof in Kimberley van die hand gewys is dat die regter haarself onttrek aan die verhore oor sy entiteite se likwidasie en trust se sekwestrasie, sy sakereddingsplan en sy aansoek om ’n artikel in die Maatskappyewet (Wet 71 van 2008) as ongrondwetlik te verklaar.