AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Clanwilliamdam: Nog ’n paar jaar se werk lê voor

akkreditasie
Die Clanwilliamdam in Maart 2017. Foto: Joylene van Wyk
Die Clanwilliamdam in Maart 2017. Foto: Joylene van Wyk
Die verhoging van die Clanwilliamdamwal, wat deur erge tenderonreëlmatighede vertraag is, sal waarskynlik in April 2025 voltooi wees, het adj.pres. David Mabuza gesê.

As ingryping is die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika genader as ’n agent vir die deurvoer van die projek. Die bank het reeds ’n voorgestelde imfrastruktuurplan vir die projek ingedien en werk word reeds gedoen vir die daarstel van ’n aanskaffingskantoor vir infrastruktuur. Die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie het ook ’n hersiening van die tenderprosesse gedoen en is besig om die nuwe tenderproses vir bouwerk te hersien.

Mabuza het dié inligting bekend gemaak in ’n parlementêre antwoord op ’n vraag van mnr. Isaac Sileku, DA-LP, oor of hy bewus is van die vertragings met die bouwerk aan die dam weens tenderprobleme en watter stappe gedoen sal word om toe te sien dat die begroting vir die bouwerk nie uitermatig verhoog nie.

Probleme

Mabuza het gesê die projek is slegs 12% voltooi, hoofsaaklik weens probleme met voorsieningskettingbestuur.

Die verhoging van die damwal het omstrede geword toe die departement se eie bou-eenheid in September 2016 werk aan die projek moes stopsit nadat me. Nomvula Mokonyane, destyds minister van water en sanitasie, ingegryp het sodat ’n tenderproses kon begin. Terwyl die tenderproses aan die gang was, het die 52 kernpersoneel van die bou-eenheid daagliks vir werk aangemeld, maar dan weer huis toe gegaan.

Die gesloer met die projek het tot gevolg dat landbou-uitbreidings nie kan voortgaan nie weens ’n tekort aan water. Die departement het in die 2013-’14-boekjaar R2 miljard gekry om die damwal te verhoog. Hierdie bedrag is bereken met die aanname dat die damwal in 2019 voltooi sou wees. Die koste is later op R3,5 miljard bereken as die dam teen Maart 2023 voltooi sou word.

Die plan is om die damwal met 13 meter te verhoog, wat die dam se kapasiteit tot 240 miljoen kubieke meter sal vergroot sodat genoeg water aan verbruikers by Clanwilliam, insluitend opkomende boere, voorsien kan word. Die voerstelsel van die Bulshoekdam word ook opgegradeer en uitgebrei en ’n gedeelte van die N7 is geskuif vanweë die verhoging van die damwal.

Reeds gedoen

Van die vordering wat die departement wel gemaak het, is onder meer werk aan die infrastruktuur en voltooiing van toegangspaaie, ’n suiweringsaanleg, werkwinkel, die brug en siviele ontwerp. Altesaam 87 eiendomme is onteien en die betrokke eienaars het kennisgewings van die onteiening ontvang.

Die departement se eie bou-eenheid is in Junie 2019 as die kontrakteur vir die projek aangegestel en 17 nasionale advertensies vir die verskaffing van goedere en dienste van meer as R500 miljoen is reeds geplaas.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese pa en man wat jou lewe wil opkikker
Ek is betroubaar met 'n oop uitgaande persoonlikheid, hiu van die buite lewe en natuur met die see sand onder my voete
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot