
Daar word steeds gesoek na ’n derde verdagte wat mnr. Louis Cloete (71) en sy vrou, Ina (65), op hul plaas by Levubu Woensdag omstreeks 16:20 na bewering beroof en hul plaashuis aan die brand gesteek het terwyl die egpaar steeds in die huis was.
’n 72-uur-aktiveringsplan is ná die voorval van stapel gestuur om die verdagtes op te spoor. Twee verdagtes is intussen in hegtenis geneem.
Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die Cloetes vermoedelik aangeval en onder meer vuurwapens geroof. Die gebuite eiendom is in die Cloetes se voertuig gelaai en hul huis vermoedelik aan die brand gesteek.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Mashudu Lesley Muneri, by 082 469 1260, Crime Stop by 08600 10111 of hul naaste polisiekantoor kontak.