AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Clover se wins daal

Hoër plaashekpryse en laer verkope knou Clover.

Die droogte, verbruikersweerstand teen hoë pryse, eenmalige groot uitgawes soos vir herstrukturering, en verliese weens die likwidasie van DairyBelle het Clover se wins laat val. Die groep se bedryfswins het in die jaar tot 30 Junie met 44,3% gedaal en sy wesensverdienste met 65,9%. “Daar was 'n klomp goed wat gelyktydig gebeur het,” sê mnr. Johann Vorster, uitvoerende hoof.

Weens die droogte het Clover sy melkboere meer betaal (gemiddeld 13% meer), maar terselfdertyd was die verkope van sy produkte laer, onder meer weens die natter en koeler somer. Vorster sê dit was die regte stap om die plaashekprys te verhoog. “Daar was nie genoeg melk nie. Gelukkig het ons meer vir melk betaal, sodat ons minder boere verloor het as ons mededingers.”

'n Herstruktureringsproses binne Clover om 'n nuwe filiaal, Dairy Farmers of South Africa (DFSA), vir sy vloeibare melkprodukte met lae marge te stig, waarin boere die grootste stemreg het, is net ná die verslagdoeningstydperk afgehandel.

“Ons werk goed saam. Almal verstaan nou hoe dit werk en boere begin die geleenthede sien, naamlik om Clover se primêre verskaffer van melk te wees, maar terselfdertyd ook na ander geleenthede te kyk.”

Botter en UHT-melk

Vorster sê Clover het teen die einde van die boekjaar die formule verander waarvolgens hy boere vir melk betaal, om hulle aan te moedig om melk met hoër bottervet te lewer. Hy vermoed dit kan 'n eerste vir Suid-Afrika wees. “Aan die begin gaan dit geld kos en 'n mens sal eers later die effek sien.”

Sowel Suid-Afrikaanse as internasionale verbruikers verkies toenemend volroommelk en botter, sodat daar minder room beskikbaar is om botter van te maak en botterpryse gestyg het.

Vorster beskou die invoer van UHT-melk nie as 'n bedreiging vir Clover se langlewemelk nie. “Ons het 'n sterk handelsmerk. Die mense wat ons melk koop, koop dit steeds.” Hy skryf lae plaaslike pryse vir UHT-melk eerder aan plaaslike faktore as invoer toe.

“Daar is te veel vermoë om UHT-melk te maak - almal wil dit verkoop. Nuwe fabrieke is in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal oopgemaak. Ons is ons eie vyande.”

Uitgawes

Oor die groot uitgawes wat Clover se wins geknou het, sê Vorster die maatskappy het sowat R50 miljoen verloor weens die likwidasie van DairyBelle vroeër vanjaar. Clover het in 2014 DairyBelle se jogurt- en langlewemelkafdelings vir sowat R155 miljoen gekoop.

Ander groot uitgawes was herstruktureringskoste van sowat R46,8 miljoen en groot beleggings in bedrywighede, soos die vergroting van sy vermoë om jogurt te maak teen R69,2 miljoen.

Vorster is optimisties dat veral die tweede helfte van die huidige boekjaar beter sal wees. “Ons sien ons volume (van verkope) styg en dat ons markaandeel terugwen. “Ons hoop die ekonomie gaan ons help deur beter verbruiksbesteding te bring.”

Afrika

Clover brei steeds sy uitvoer na Afrika uit, maar doen dit “stukkie vir stukkie”. Vorster sê 'n model wat goed in Mosambiek werk, waar daar met 'n plaaslike verspreider gewerk word, word sedert Augustus ook in Tanzanië ingespan.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.23
+0.0%
Rand - Euro
19.56
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
978.28
-0.7%
Palladium
1,412.31
-0.7%
Goud
1,988.53
-0.3%
Silwer
23.22
+0.5%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Let's go on an adventure
Afrikaans speaking divorced lady, ready to start the next chapter. Like the outdoors as well as cuddling on the couch.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot