
Om sy veewagter slegs R26 per dag te betaal, skep die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mnr. Senzeni Zokwana, ’n swak beeld van die landbou. Toe boere in die Wes-Kaap seisoenwerkers R69 per dag betaal het, het Tony Ehrenreich van Cosatu verwys na die “slegte, rassistiese boere,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landbou.
“Hoekom is Cosatu en Ehrenreich nou stil? Die feit dat hulle niks sê nie, is bewys van dubbele standaarde omdat hulle nét wit boere teiken en altyd uitkryt as sleg,” aldus Groenewald,
“Dit is boere, soos Zokwana, wat veroorsaak dat mense die indruk kry dat boere hulle plaaswerkers swak betaal en dan veralgemeen. As Minister van Landbou stel Zokwana ‘n swak voorbeeld en is hy die boere van Suid-Afrika ‘n verskoning verskuldig,” het Groenewald gesê.