AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Covid-19: Bestaansboere kan aansoek doen om geldelike hulp

akkreditasie
Me. Thoko Didiza. Foto: GCIS
Me. Thoko Didiza. Foto: GCIS
In ’n poging om te keer dat die kwesbaarste bestaansboere en werkloses in landelike gebiede na stede verhuis, het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ’n hulpprogram aangekondig sodat hul landboubedrywighede kan voortgaan.

Hierdie hulpprogram, wat meer as 75 000 bestaansboere sal help, spruit uit pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket om werk te skep, werksgeleenthede in kwesbare sektore te beskerm en lewensonderhoud te bied. Die Covid-19-pandemie het die land ’n erge ekonomiese bloedneus toegedien en die herstelplan is daargestel om ekonomiese verligting te bring.

Die geldelike ondersteuning wissel van R1 000 tot R9 000. Normaalweg is die hulp wat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aan bestaansboere bied, van R2 000 tot R5 000.

Aansoeke open op 10 Desember en sluit op 22 Desember 2020. Aansoekers sal in Januarie in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was.

Didiza het gesê die pandemie het ’n ongunstige impak op die hele landbousektor gehad, maar die bestaansboere en huishoudelike produsente is diegene wat die meeste geraak is. “Hulle benut die grond in hul agterplase en tuine in gemeenskaplike gebiede wat min of meer so groot soos ’n sokkerveld is. Dit is hierdie produsente wat ’n skans skep teen die geveg van voedselonsekerheid op huishoudelike vlak.”

Sy het gesê hierdie produsente het nie ’n ander inkomste nie en dat hierdie lappies grond hul inkomstebron en lewensbestaan is. Die staat se landboubeleide het dit tot dusver nog nie reggekry om hierdie produsente se behoeftes voldoende aan te pak nie.

ONDERSTEUNING

Omdat die meeste van hierdie boere vroue is, sal 50% van die hulp aan vroue gaan, 40% aan jeugdiges en 6% aan mense met gestremdhede en werklose militêre veterane.

Die boere sal koopbewyse vir insette kry om selfwerkskepping te behou, terwyl die voedselwaardeketting ondersteun word. Werklose jeugdiges van die departement se Narysec-jeugprogram en werklose landbougegradueerdes sal gebruik word om die verifikasie van die aansoekers vir die hulppakket te doen.

Met die inisiatief sal meer as 6 000 tydelike werksgeleenthede geskep word. Didiza het aangedui dat die proses om diensverskaffers wat insette kan lewer, te nooi om deel te neem aan die proses, is reeds gedoen. Om te verseker dat begunstigdes waarde vir hul koopbewyse kry, sal gekyk word of die diensverskaffers aan die belastingvereistes voldoen en hoe ver hul reikwydte strek.

AANSOEKPROSES

Didiza sê die departement het met Vodacom saamgespan om ’n selfoonplatform vir aansoeke te skep. Aansoeke kan gedoen word deur die USSD-kode *134*4536# op die selfoon in te tik. Die aansoekvorms is beskikbaar in al elf amptelike tale en slegs die eerste 150 000 aansoeke sal oorweeg word.

Om in aanmerking te kom, moet die aansoekers 18 jaar of ouer wees, ’n Suid-Afrikaanse ID-dokument besit, nie vir die staat werk nie, aktief wees in landbouproduksie en nie in die huidige boekjaar ondersteuning van die departement ontvang het nie. Slegs een aansoek per huishouding word toegelaat.

Mnr. Clinton Heimann van die departement se afdeling vir landelike ontwikkeling sê die program is toegespits op vrugte- en groenteboerdery van minder as ’n hektaar, hoenderboerdery met ’n maksimum van 40 lêhoenders en ’n maksimum van 100 braaihoenders. Hulp word ook toegestaan aan diegene met ’n maksimum van 25 stuks kleinvee (skape en bokke) en ’n maksimum van vyf beeste.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.48
-1.2%
Rand - Pond
19.79
+0.1%
Rand - Euro
17.12
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.20
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-2.0%
Goud
1,802.13
-0.3%
Silwer
19.75
-2.6%
Palladium
1,961.39
+1.1%
Platinum
876.79
-2.3%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
59,677
-0.7%
Alle aandele
65,701
-0.8%
Hulpbronne 10
60,982
-4.3%
Industriële 25
80,441
+1.3%
Finansiële 15
14,606
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romanties
Dinsmiese passievolle men's. Hou van lewe en natuur, rond ry en nuwe plekke ontdek en om fun te he
Treat me like a Queen and I will treat u like a King
Ek is n outgoing mens Hou van visvang, Kamp, verf, onthaal. Baie easy-going. Hou van orde ek is Ocd:). Baie netjies en skoon op myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot