AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

DA gekap oor grondeise

’n Heropening van grondeise sal ons kommersiële landbou en voedselsekerheid in die weegskaal plaas, sê die VF Plus.

Om grondeise te heropen, sal 'n groot fout wees, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dié party was vinnig om 'n verklaring teen die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte uit te reik nadat dit aan die lig gekom het dat die DA nou dié voorgestelde wysiging stem. Dit dien tans voor die Parlement, en as dit aanvaar sou word, sal eise tot 2019 heropen word.

“Die VF Plus is die enigste party wat teen hierdie wetsontwerp sal stem,” sê dr. Pieter Mulder, VF+-leier in 'n verklaring. "Die heropening van grondeise gaan groot onsekerheid in die landbousektor skep. Politieke partye wat hierdie wetgewing steun, benadeel kommersiële landbou en voedselsekerheid in Suid-Afrika.”

Mulder voeg by dat Suid-Afrikaanse boere weens die moontlikheid van grondeise nie op die oomblik hul landboubedrywighede uitbrei nie. Die kommersiële sektor het juis nou sekerheid oor die toekoms nodig om met nuwe beleggings en uitbreidings te verseker daar is voortaan genoeg kos vir almal.

Suksesvolle produksie
“Wat Suid-Afrika nou nodig het, is dat die landbougrond wat reeds aan nuwe swart boere oorgedra is, suksesvol moet produseer. Nege uit tien van die oordragte het misluk...Ons kan nie bekostig dat nog vrugbare grond onproduktief raak nie...”

Mulder meen kommunale grond in die ou tuislande en staatsgrond moet eerder benut te word om kommersieel kos te begin produseer.

Die DA was aanvanklik teen die voorgestelde heropening van grondeise gekant, maar me. Annette Steyn, DA-woordvoerder oor landbou, het intussen bevestig dat haar party dit nou steun mits 'n “geïntegreerde basis” van eise voor 1998 ontwikkel word, en eise nie heropen word voordat die departement die vermoë het om dit behoorlik te bestuur nie.

“Ons weet die heropening van eise gaan chaos veroorsaak… Ons kan egter nie toelaat dat mense oor rasgrense heen wat regmatige eise het, dit ontneem word nie,” het sy aan die dagblad Beeld gesê.

Haar party is uit landboukringe skerp hieroor veroordeel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot