AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

DA ‘het laaste sê oor nasionalisering’

Die DA sal die laaste sê oor die nasionalisering van Suid-Afrika se landbou-, mynbou- en banksektor hê, sê mnr. Justice Malala, politieke ontleder.

Die DA sal die laaste sê oor die nasionalisering van Suid-Afrika se landbou-, mynbou- en banksektor hê, sê mnr. Justice Malala, bekende politieke ontleder en rubriekskrywer.

Hy het op die Melkprodusente-organisasie se kongres op Howick, KwaZulu-Natal, gesê die publiek moet ontspan oor die uitsprake van mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier.

“Baie water moet in die see loop voor sy uiters verbale nasionaliseringsplanne regeringsbeleid sal word,” het Malala gesê. Malema sal eerstens die ANC-kongres moet oortuig om dit dié party se beleid te maak.

Meerderheid nodig

Die vinnigste wat hy dít sal kan bewerkstellig, is teen volgende jaar as die party in Bloemfontein vergader. Dit sal ook net beleid word as die meerderheid van die party vír nasionalisering stem.

“Dinge tel nie op die oomblik in Malema se guns nie. Limpopo is die enigste provinsie wat nasionalisering daadwerklik steun. Kwa-Zulu-Natal – die enigste provinsie waar die party se steun groei – is teen dié opsie gekant.”

Malala sê selfs al sou Malema dit regkry om die ANC te oortuig dat nasionalisering die toekoms is, moet die Parlement steeds besluit dat die Grondwet aangepas moet word. Dáárvoor is ’n tweederdemeerderheid nodig. Dus lyk dinge nie gunstig vir Malema nie, sê Malala.

“In 2009 het die ANC die verkiesing met 65,9% gewen, terwyl die DA net 16,6% van die stemme kon werf. Verlede jaar het die ANC se steun afgeneem en die party het 62% van die stemme gewen.”

Koalisie

Dit beteken die ANC sal ’n koalisie met ’n ander party moet bewerkstellig as hy ’n beleid van nasionalisering wil goedkeur. “En nie enige party nie. Dit sal die DA moet wees. Alle ander partye se steun wankel.”

Malala meen Malema weet hy is besig om ’n politieke stryd te verloor. “Hy gaan ál harder begin skreeu, want dít is al hoe hy kan oorleef.” Malala sê mense moet eerder bekommerd wees oor die tekort aan ander stemme in die openbare debat.

Hy het landbouleiers aangemoedig om hul stem dik te maak in dié verband. Hy sê dié debat gaan aanhou – met of sonder Malema. “Onthou net, dié debat is nie beperk tot Suid- Afrika nie. Nasionalisering vind wêreldwyd plaas.”

5 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot