AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

DA versoek ondersoek na besteding van droogtehulp

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Die DA versoek dat die ouditeur-generaal, mnr. Kimi Makwetu, moet ondersoek hoe geld wat vir droogtehulp toegewys is, bestee is.

Dr. Mmaphaka Tau, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, het verlede week aangekondig dat besluit is om die droogte se status as nasionale ramptoestand op te hef sodat meer hulpbronne gewei kan word aan die bestuur van die Covid-19-pandemie.

Me. Annette Steyn, DA-LP, sê dié besluit beteken die regering meen die droogte is verby en dat boere nie meer bygestaan moet word nie, ten spyte daarvan dat groot gedeeltes van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap steeds nie genoeg reën gehad het om verligting te bring nie. “Die regering verwag weereens dat boere self op hul voete moet kom. In sommige gebiede was daar al vir jare geen reën nie.”

Steyn sê dit is belangrik dat droogtehulp en die bestuur daarvan deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling behartig word aangesien dié departement ten minste “ ’n bietjie verstaan” hoe plase werk en ordentlik toesig oor finansiering vir droogtehulp kan hou. “Op die oomblik val dit deur die krake en daar is eindelose geleenthede om dié finansiering te plunder.”

Sy sê die regering hou hom al jare blind en doof vir boere se swaarkry. “Droogtehulp wat beloof is, het in baie gevalle nooit by die begunstigdes uitgekom nie. En dit is nie duidelik wat met die geld gebeur het nie. Die skuldige partye moet boet vir hul dade.

“Agri SA het in 2017 ’n ondersoek versoek na die besteding van R2,5 miljard wat die regering vir droogtehulp bewillig het nadat baie kommersiële boere geen staatshulp ontvang het nie. Hierdie kwessie is nog nie opgelos nie.”

Volgens Steyn is dit “so duidelik soos daglig” dat die regering boere as ’n kontantkoei beskou. “Dit plaas die boeregemeenskap onder aansienlike druk om voedselsekerheid vir ’n hele land te verseker sonder dat die regering self ’n vinger lig om dit te doen.”

Sy sê boere dra reeds ’n swaar las en die risiko van ’n voedselkrisis is uiters hoog. “Dit blyk of die regering nie verstaan watter aspekte alles in ag geneem moet word selfs as ’n droogte nie ’n kwessie is nie. Selfs as daar voldoende reënval is, is die kans vir sukses steeds klein. Pleks daarvan om boere te help wanneer hulle dit die nodigste het, maak die regering hul las selfs swaarder deur hulle te dreig met onteiening sonder vergoeding en nooit hul beloftes van hulp of restitusie na te kom nie.

“Daar sal geen voedselsekerheid wees as boere ten gronde gaan nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot