AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

DA, VF+ is dit eens: SA se mense leef in vrees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Suid-Afrika is ’n bloedbad, sê mnr. Andrew Whitfield, DA-LP en woordvoerder, in ’n verklaring nadat die jongste misdaadstatistieke vandag bekend gemaak is.
Dit is die statistieke vir die tweede kwartaal van die 2022-’23-boekjaar, dus van Julie tot September 2022. 

“Onder Bheki Cele se leierskap word meer mense as ooit tevore vermoor, verkrag en aangerand.

"Dit is ’n bloedbad van geweldsmisdaad reg oor Suid-Afrika. Dit is buite beheer en miljoene mense leef daagliks in vrees.”

Hy sê die DA doen weer eens ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om die politiek opsy te sit en Cele eens en vir altyd as minister van polisie af te dank.

“Indien nie, sal die bloed van ons nasie op die president se hande wees.”

Toe hy tot sy amp verkies is, het Ramaphosa gesê hy sal geweldsmisdaad binne 10 jaar halveer, tog neem dit net toe omdat die president “sag is oor misdaad”. 

“Die misdaadstatistieke kan toegeskryf word aan Ramaphosa se sagte benadering tot misdaad. Wanneer dit by misdaad kom, is hy (Ramaphosa) alles praat en geen daad,” sê Whitfield.

Selfs meer kommerwekkend as die moord- en aanrandingsyfers van kinders, het ontvoering in Suid-Afrika met 101% toegeneem. Altesaam 4 028 ontvoerings het in 92 dae plaasgevind.

Misdaadgolf

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF+, sê die polisie se jongste misdaadstatistieke wys dat ’n misdaadgolf oor Suid-Afrika spoel.

“Vir die twee kwartale in dié boekjaar staan die moordsyfer reeds op 13 428. Dit beteken daar is ’n goeie kans dat meer as 26 000 moorde in hierdie boekjaar aangeteken gaan word.

“In vorige jare was die neiging deurgaans dat sommige misdaadsoorte sou toeneem, terwyl ander afneem. Dit was dan moontlik om probleemgebiede te identifiseer waar skerp stygings was waaraan spesiale aandag gegee kon word.”

Groenewald sê die situasie het ingrypend verander en dat die polisie oor die totale spektrum besig is om die stryd teen misdaad te verloor.

“Die VF Plus het bedenkinge oor die misdaadstatistieke. Die ouditeur-generaal (OG) het reeds hierdie jaar bevind dat die syfers wat in die kwartaallikse statistieke bekend gemaak word, nie korrek is nie. Die rede hiervoor is dat die statistieke nie gekorreleer kan word met die aantal misdaaddossiere nie.” 

Hy sê dit gebeur gereeld dat mense misdrywe aanmeld, maar nie eens ’n saaknommer ontvang nie.

“Die statistieke wys dat Cele toenemend besig is om die stryd teen misdaad te verloor.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-2.5%
Rand - Pond
21.63
-4.1%
Rand - Euro
18.48
-3.1%
Rand - Aus dollar
11.97
-2.4%
Rand - Jen
0.13
-4.2%
Goud
1,800.00
+1.8%
Silwer
22.55
+1.6%
Palladium
1,917.50
+1.6%
Platinum
1,041.00
+0.3%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot