
Nie almal se oogmerke met boerdery is suiwer nie. Soos 'n boer in Brabant, in die suidooste van Nederland, uitgevind het. Eintlik het die polisie dit vir hom uitgevind.
In een van die Brabantse boer se mielielande is sowat 100 vierkante meter mielies deur dié “skelm” boere skoongemaak om plek te maak vir hul geliefde plant – hennep. Daar, in 'n ander man se land, vertroetel hulle toe sowat 350 plante dagga. (Sien foto.)
Luidens die webwerf Boerderij.nl, het die polisie al ruim ses ton dagga ontdek wat op dié manier in Nederland gekweek is.
Bron: www.Boerderij.nl