AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

DC Human dors vir oulaas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. DC Human van Riviersonderend het Saterdag nog vir oulaas geoes. Foto: Amelia Genis
Mnr. DC Human van Riviersonderend het Saterdag nog vir oulaas geoes. Foto: Amelia Genis
Een van Suid-Afrika se moedigste rystoelboere, wat Saterdag nog koring geoes het, is oorlede.

Een van Suid-Afrika se moedigste rystoelboere is Maandagoggend aan ’n hartaanval oorlede.

Hy was mnr. DC (Boetie) Human (58) van die plaas Rondeheuwel by Riviersonderend. Volgens ’n familielid het hy die oggend water gevra en sy hulp het vir hom water geneem, en ook koffie gaan haal. “Toe sy weer in die kamer kom, was hy oorlede.”

Hy was verlam sedert hy as 22-jarige in ’n motorongeluk was.

Human het Saterdagoggend nog land toe gegaan om die koring wat reeds platgesny is, te gaan dors. Hy het gewag en getoets, maar die vog in die koring was net te hoog.

Ten spyte daarvan het Boetie, soos familie, vriende en bure hom genoem het, aangebied om ’n ry van die platgesnyde koring te dors sodat ek ’n paar foto’s kon neem.

Mnr. Schalk Viljoen van Dasberg Boerdery by Riviersonderend en ’n buurman van Human, sê hy het Vrydag klaar geoes, maar aangesien so baie van sy bure amper klaar was, het hy en sy werkers gaan help sodat almal voor die re?n kon klaarmaak.

“Ons sou Saterdag vir Boetie ook help, maar sy koring was net te nat. Hy het nog net 10 ha oorgehad.”

Viljoen sê Human het ’n optimistiese ingesteldheid en ’n goeie humorsin gehad. “Hy het Saterdag nog gesê hy sit in die stroper en kyk hoe al die boere verbyry Struisbaai toe en hy moet wag dat sy koring afdroog, maar hy is mos gewoond aan sit. Hy sit al 38 jaar.”

Volgens ’n artikel oor Human wat in 2006 in Landbouweekblad verskyn het, het hy nie van plaaswerk teruggedeins nie. Hy het ’n gemengde boerdery met skape, koring en gars gehad.

Hy het vir Landbouweekblad gesê hy hou die meeste van die saaiboerdery. “Trekkers is my lewe,” en stroop was vir hom “die lekkerste deel van die boerdery”. Maar ’n trekker en ’n stroper moes rooi wees, want Human was ’n groot Case-man.

Landbouweekblad skryf “in die leefvertrek van die opstal word dié voorkeur met trots vertoon: ’n Waardevolle versameling van skaalmodelle van sowat 60 trekkers, stropers en werktuie. Dié gogga het hom 15 jaar gelede gebyt. Hy versamel graag die skaars modelle. As hy dit kan bekom, voer hy dit uit Amerika in.”

Viljoen sê beurtkrag het vir Human nog ’n struikelblok gestel. As hy tot laat in die aand gestroop het en nie tuis was voor die krag afgegaan het nie, moes hy in die stroper sit en wag tot die krag weer aangeskakel word sodat die hyser hom uit die stroper kon lig.

Human was nie getroud nie en sy ouers is reeds oorlede.

’n Gedenkdiens word op Vrydag 26 November om 11:00 in die NG kerk op Riviersonderend vir Human gehou.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.73
+0.7%
Rand - Pond
20.82
+0.8%
Rand - Euro
17.85
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Goud
1,784.74
+0.0%
Silwer
22.44
-0.3%
Palladium
1,859.29
+0.3%
Platinum
963.00
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
I am a mature, down to earth man. I am a bit shy when I first meet people but all that disappear once I get to know them. I am a Christian man and Jesus comes first in my life....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot