AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

De Jager herkies tot president van die WBO

akkreditasie
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbounetwerkorganisasie Saai, is herkies tot president van die Wêreldboere-organisasie (WBO). Foto: Saai
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbounetwerkorganisasie Saai, is herkies tot president van die Wêreldboere-organisasie (WBO). Foto: Saai
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbounetwerkorganisasie Saai, is gister in Luxemburg herkies tot president van die Wêreldboere-organisasie (WBO).

Hy is in 2017 tot president van dié organisasie verkies en is die eerste Suid-Afrikaner wat die posisie te beklee. Dit is die eerste keer dat iemand tot president herkies is. Die kommersiële-boere-unie van Zimbabwe, waarvan De Jager ’n erelid is, het hom vir die posisie benoem.

“De Jager is ’n uiters gerespekteerde landbouleier en word reg oor die wêreld baie hoog geag vir sy leierskap, kundigheid en versiendheid. Suid-Afrika is geseënd om ’n leier van sy kaliber te hê. Die agting vir hom by wêreldleiers, en nie net in die landbou nie, word oral gesien, erken en waardeer,” sê mnr. Leon Borcherds, direkteur van Saai.

Mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê in sy eerste termyn as president van die WBO het De Jager verskeie landboustrukture reg oor die wêreld besoek. Hy kon eerstehands sien hoe strukture elders werk, asook wat die doeltreffendste en volhoubaarste model vir die organisering in die landbou is. “Saai is die produk daarvan. As medestigterslid het hy Saai as belangenetwerk geskoei op ’n nasionale eenheidstruktuur wat gebruik maak van digitale tegnologie en netwerkooreenkomste om familieboere se belange te dien.”

De Jager is ’n voormalige president van Agri Limpopo, die Pan African Farmers’ Organisation (Pafo) en die Suider-Afrikaanse konfederasie van landbou-unies (Sacau), en ’n voormalige visepresident van Agri SA. Hy dien ook as voorsitter van Agri All Africa, die organisasie wat Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese boere se belange in Afrika beskerm en bevorder.

Die WBO bestaan uit ’n groot aantal landbou-organisasies en landbouvennootskappe. Die organisasie verteenwoordig ongeveer 1,5 miljard boere in 54 lande reg oor die wêreld. Die WBO verteenwoordig ook die landbougemeenskap by die Verenigde Nasies (VN).

De Jager het sedert 2017 internasionale steun veel wyer as vanuit die landbougemeenskap vir ’n boergedrewe agenda vir klimaatsverandering gewerf, wat veral by die VN en sy agentskappe groot byval gevind het. Hy is vasbeslote om verder aan dié agenda te werk om namens boere ’n globale burgerlike voorstel oor die bestuur van klimaatsverandering aan die VN te maak.

Ná verskeie vergaderings met die Europese Unie en Russiese landbou-unies, en teen die agtergrond van toenemende handelspanning, beskou hy die beskerming van boere se toegang tot markte, veral in bederfbare voedselprodukte, as ’n voorrangsaak vir sy tweede termyn. Hy glo die digitalisering van die landbou hou groot geleenthede vir Afrika in. Hy is ’n kampvegter vir die modernisering, meganisering en kommersialisering van kleinskaalse landbou deur vennootskapsmodelle in Afrika te vestig.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.28
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,029.47
+2.4%
Palladium
1,408.13
-1.9%
Goud
1,961.28
+0.7%
Silwer
23.57
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot