
De Ruyter het op 14 Desember verlede jaar sy bedanking by die maatskappy aangekondig. Intussen het hy per geleentheid na ongeruimdhede by Eskom en die invloed wat die ANC-regering op bedrywighede daar gehad het.
Gisteraand het De Ruyter egter tydens ’n onderhoud op eNCA erken dat hy nie daarin kon slaag om beurtkrag te verhoed nie en ook sy mond uitgespoel oor korrupsie by dié maatskappy. Kort daarna het Eskom aangekondig dat De Ruyter nie die res van sy kennisperiode, wat tot einde Maart sou strek, hoef uit te dien nie.
Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, sê die situasie laat baie vrae. “Hy het in sy onderhoud gisteraand op eNCA die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat.
“Dit is duidelik dat daar uiteenlopende standpunte veral op politieke vlak gehuldig word wat Eskom kniehalter. En indien dit nie aangespreek gaan word nie, gaan dit al die pogings wat aangewend word om Eskom op ’n volhoubare pad te plaas in die wiele ry.
“Sy opvolger gaan ’n bitter moeilike taak hê as daar nie politieke konsensus en ondersteuning vir hom of haar gaan wees nie.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.