AFGRI
BEAN
08 Des
-
7536
0,00
CORN
08 Des
-
3732
0,00
SOYA
08 Des
-
7630
0,00
SUNS
08 Des
-
11400
0,00
WEAT
08 Des
-
6192
0,00
WMAZ
08 Des
-
3531
0,00
YMAZ
08 Des
-
3800
0,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Definisie van eiendom in Grondwet voldoende

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Die definisie van eiendom soos vervat in die Grondwet is voldoende vir die wysigingswetsontwerp op onteiening (B23 van 2020), meen adv. Geoff Budlender.

Die definisie van eiendom soos vervat in die Grondwet is voldoende en hoef nie aangepas te word vir die wysigingswetsontwerp op onteiening (B23 van 2020) nie, meen adv. Geoff Budlender.

Die departement van openbare werke en infrastruktuur het Budlender en sy span as raadgewer aangestel oor of die definisie van eiendom in die wetgewing uitgebrei moet word. Dit kom nadat verskeie organisasies in openbare kommentare voorgestel het dat eiendom vir die doeleindes van die onteiening van grond met nulvergoeding duidelik gedefinieer moet word. Vrese bestaan dat dit nie net beperk is tot grond nie.

Die parlement se portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur het meer as 130 000 kommentare oor die wysigingswetgewing ontvang. Dit lys die omstandighede waar ’n hof mag bepaal dat nulvergoeding betaal mag word wanneer grond vir openbare doeleiendes onteien word.

Budlender sê eiendom is nie in die wysigingswetsontwerp gedefinieer nie en ook nie in die Grondwet nie.

“Die vraag is of die wysigingswetgewing ’n definisie van eiendom moet bevat. Artikel 25 van die Grondwet het twee bepalings. Eerstens is daar bepalings wat bestaande eiendomsreg en ongrondwetlike inmenging daarteen beskerm. Tweedens voorsien dit vir die oordrag van eiendomsreg. Dit maak voorsiening vir restitusie, herverdeling en hervorming van verblyfreg.”

Die raad aan die departement is dat ’n definisie van eiendom die betekenis moet hê soos in die Grondwet gegee. Die Grondwet het die vraag oor die betekenis van eiendom aan die howe oorgelaat om te beantwoord vir elke individuele saak deurdat daar nie ’n lys van tradisioneel erkende of nie-erkende eiendom geskep is nie. Dit is in ooreenstemming met die benadering wat die meeste ander grondwette volg.

Gevolge

’n Poging om ’n omvattende, wetgewende definisie vir eiendom te hê sal sekere gevolge meebring. Eerstens sal daar gevalle wees waar dit nie die regte insluit wat in die grondwetlike konsep van eiendom ingesluit word nie. Die resultaat sal wees dat die wysigingswet dan strydig sal wees met die Grondwet, want dit beskerm nie eiendom wat die Grondwet die versekering gee beskerm sal word nie. ’n Gewone wet van die parlement mag nie die betekenis van eiendom in die Grondwet beperk nie.

Tweedens sal daar gevalle wees waar regte ingesluit is wat nié in die grondwetlike konsep van eiendom ingesluit is nie. Die gevolg sal wees dat die staat onder beperkinge geplaas sal word, wat nie deur die Grondwet opgelê is nie. Dit kan die vermoë van die staat belemmer om sy magte en verantwoordelikhede onder die Grondwet uit te voer.

Die regspan se raad is verder dat as die portefeuljekomitee dit nodig vind dat daar ’n definisie moet wees, hy die huidige formulering soos vervat in die Grondwet voldoende vind, want dit beskerm alle eiendom wat deur die Grondwet beskerm word.

Die regspan en die parlement se regsadviseurs sal volgende jaar volledig verslag aan die komitee doen oor die openbare kommentare wat ingedien is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
20.85
+0.7%
Rand - Euro
17.87
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.31
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Goud
1,785.78
+0.1%
Silwer
22.48
-0.1%
Palladium
1,857.56
+0.2%
Platinum
962.50
+0.5%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.2%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
If we want to or need to meet someone,, we wiil have to message that unknown someone.
Ek sal myself beskryf as 'n eerlike, opregte mens. Ek is 'n goeie luisteraar en ek kan ook goeie raad uitdeel. I'm a dreamer, ek jaag my drome na. Ek hou van...
Kom ons mqak n great lewe saam
Eks baie oulike eerbaar avontuur mense hou van buite lower stan by my ek sal by jo staan via angel kamp jag en per ry
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot