AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4505
-3,00
SOYA
01 Des
-
10410
2,00
SUNS
01 Des
-
11000
-94,00
WEAT
01 Des
-
6800
15,00
WMAZ
01 Des
-
5135
4,00
YMAZ
01 Des
-
4980
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Departement van landbou wil beter diens lewer

akkreditasie
Mnr. Tito Mboweni. Foto: GCIS
Mnr. Tito Mboweni. Foto: GCIS
Oor die mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) sal die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling konsentreer op die verbetering van landbouproduksie en die herlewing van die noodsaaklike infrastruktuur vir die landbou deur die toepassing van die meesterplan vir die landbou- en landbouverwerking, die versnelling van grondhervorming, die afhandeling van grondeise en die voorkoming van siektes by diere en landbouprodukte.

Die departement se begroting vir die 2021-’22-boekjaar is R16,9 miljard, wat nie veel meer as die vorige begroting is nie.

Oor die MTBR sal besteding in landbouproduksie, biosekerheid en natuurlike hulpbronne na verwagting R70 miljard bydra tot die totale produksiewaarde en die ondersteuning van sowat 1,3 miljoen huishoudings.

Oor dieselfde tydperk sal die meeste van die infrastruktuurprogram vir landelike ontwikkeling se begrote R2,3 miljard bestee word aan die herlewing van infrastruktuur en die verskaffing van gelyke toegang tot kritieke faktore van produksie soos grond, water en tegnologie.

Herlewingsprojekte

Die herlewingsprojekte waarop gekonsentreer sal word, is vyf besproeiingskemas en 21 varsproduktemarkte reg oor die land.

Daar sal voortgegaan word om ondersteuning aan boere te bied ná hervestiging. Die departement werk aan planne om ’n voorligtingsbeampte vir elke 250 boere te hê teenoor die huidige een vir elke 850 boere. Sowat 10 000 voorligtingsbeamptes sal gewerf word en R923 miljoen is oor die MTBR toegestaan om die toelae vir die omvattende landbou-ondersteuningsprogram te finansier.

Altesaam R2,9 miljard sal bestee word om 79 602 ha landbougrond te bekom. Die verwagting is dat gedurende dieselfde tydperk 1 409 restitusie-eise teen R9,3 miljard afgehandel sal word. Altesaam R495 miljoen is oor die MTBR begroot vir die versagting en voorkoming van siekte-uitbrekings.

Die Landbounavorsingsraad (LNR) sal oor die MTBR voortgaan met die oprigting van die entstoflaboratorium vir bek-en-klouseer by Onderstepoort om Suid-Afrika se afhanklikheid van entstofinvoer te verminder. Altesaam R400 miljoen is vir die projek aan die LNR toegestaan vir die 2019-’20-boekjaar en die twee opeenvolgende boekjare.

Die LNR se nuwe begroting is R1,5 miljard, die Landboubemarkingsraad kry R47,3 miljoen, die Ingonyama-trustraad kry R30 miljoen en die kantoor van die grondwaardeerder-generaal R143 miljoen. Onderstepoort Biologiese Produkte sal R158 miljoen ontvang, die raad van toesig op die uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) kry R532 miljoen, en die registrasierekening vir aktes R1 miljard. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
+0.3%
Rand - Pond
20.76
+0.1%
Rand - Euro
17.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,780.38
+0.7%
Silwer
22.26
+0.3%
Palladium
1,922.46
+1.8%
Platinum
1,044.87
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
70,016
+2.1%
Alle aandele
76,277
+1.9%
Hulpbronne 10
75,388
+2.7%
Industriële 25
92,684
+2.4%
Finansiële 15
16,479
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot