AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Didiza: Saamwerk die antwoord vir landbou

akkreditasie
Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Foto: Joylene van Wyk
Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Foto: Joylene van Wyk
Dit sal ’n kollektiewe poging verg om die landbou te transformeer, landelike gebiede te beveilig en die sektor sy volle potensiaal te laat bereik sodat dit tot werkskepping en ekonomiese groei bydra.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het in haar begrotingstoespraak in die parlement klem gelê op hoe gedeelde waardes die land kan help om sy maatskaplike probleme, armoede, werkloosheid en ongelykheid te oorbrug. Sy meen ’n inklusiewe landbousektor wat wêreldwyd mededingend sal wees, kan ook daardeur gebou word.

Didiza het gesê om die grondvraagstuk en sy produktiewe gebruike te takel, is ’n betekenisvolle gesprek nodig met grondeienaars, wat boere, maatskappye en trusts insluit. “Ons moet opreg en doelbewus die sektor transformeer. Swart Suid-Afrikaners was uitgesluit van betekenisvolle deelname aan die landbou-ekonomie. Die voedselwaardeketting is steeds hoogs gekonsentreerd tussen ’n paar belanghebbendes. Dit is nie eintlik die grondslag om ’n volhoubare landbou-ekonomie te bou wat ons almal dien nie.”

Samewerking is nodig om die sektor oop te stel en geleenthede vir voorheen benadeeldes te skep, het Didiza gesê. Terselfdertyd moet ’n daadwerklike poging aangewend word om die sektor op ’n inklusiewe grondslag te laat groei. Daar word reeds gewerk aan ’n strategie vir die toetrede van vroue en die jeug tot die sektor.

Plaasveiligheid

Didiza het gesê die kwessie van plaasveiligheid is belangrik vir alle betrokkenes, van die boer tot die plaaswerker. Daar moet met die gereg en die private sektor saamgewerk word om plaasveiligheid te verseker.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het tydens die debat beklemtoon dat die veiligheidskwessie van boere en werkers erken en getakel moet word. “Duisende rande en baie ure word aan sekuriteit bestee. Met die beste planne in werking is plaasaanvalle en diefstal van eiendom steeds ’n daaglikse werklikheid.”

Steyn het gesê plaasaanvalle word deur kundiges beplan en uitgevoer, en ’n goed gekoördineerde plan is nodig om dit stop te sit.

Annette Steyn
Me. Annette Steyn. Foto: Joylene van Wyk

Biosekuriteit

Didiza het gesê beter pogings sal aangewend word om biosekuriteit te verbeter om die uitbreking van diere- en plantsiektes te help voorkom. Die nasionale departement sal verseker dat die begroting aangewend word vir verbeterde toesig oor bek-en-klouseer in die buffersone wat deur Limpopo, KwaZulu-Natal en Mpumalanga strek.

Voorts sal veeartse en dieregesondheidspesialiste gewerf word om verbeterde biosekuriteit te verseker. Daar sal met provinsies saamgewerk word om te sien dat dip- en ander veeartsenydienste voldoende is.

Didiza het provinsiale departemente versoek om betyds hul entstowwe van die regeringsentiteit Onderstepoort Biologiese Produkte te bekom.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
-0.1%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,791.31
-0.2%
Silwer
20.45
-0.4%
Palladium
2,214.50
-0.4%
Platinum
931.00
-0.7%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot