AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4818
-37,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9848
-120,00
WEAT
27 Sep
-
7045,8
-12,20
WMAZ
27 Sep
-
4838
-28,00
YMAZ
27 Sep
-
4680
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Didiza: Verkla amptenare wat omkoopgeld vra

akkreditasie
Me. Thoko Didiza. Foto: GCIS
Me. Thoko Didiza. Foto: GCIS
Die onaanvaarbare en misdadige gedrag waar staatsamptenare na bewering uitsettingsbriewe aan boere uitgereik het wat weier om duisende rande se omkoopgeld te betaal, moet by die polisie en die kantoor van die waarnemende direkteur-generaal vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangemeld word.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het hierdie kwessie op ’n mediakonferensie uitgelig waar sy die nuutste inligting gegee het rakende die vordering met die toewysing van die nagenoeg 700 000 ha staatsgrond waarom aansoek gedoen kan word.

Sy het gesê die hoofrede vir die ondersoek na staatsgrond wat reeds beset is, is nie om boere of gemeenskappe wat reeds op die grond boer, te destabiliseer nie, maar om administrasie en bestuurstelsels vir staatsgrond in te stel wat verblyfsekerheid en stabiliteit verseker. Dit moet ook die begunstigdes die geleentheid bied vir volhoubare voedselsekerheid en ekonomiese groei.

“Dit sal ook die staat in staat stel om teikens en volhoubare ondersteuning vir klein-, opkomende en kommersiële boere te ontwikkel sodat hulle aktief in die ekonomiese mark kan deelneem.”

Landbouweekblad het vroeër berig dat reeds geboer word op van die staatsplase waarom aansoek gedoen kan word.

Didiza het gesê diegene wat produktief op die grond boer, sal nie sommer ontwortel word nie. Die departement het reeds 5 838 aansoeke ontvang, wat insluit aansoeke van individue en maatskappye. Heelwat fisieke aansoeke is ook ingedien.

Watter grond

Didiza het dit duidelik gemaak dat die grond wat herverdeel gaan word, die grond is wat deur die vorige regering geïdentifiseer is vir die konsolidasie van die tuislande en toe in die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust gehou is.

Van die grond, soos die Makhathini-vlakte, is deur die Umjindi-bestuursmaatskappy bestuur. Gemeenskappe het van die grond gebruik vir weiding, hoewel geen formele konsolidasie gedoen is nie.

“Ná 1994 was daar ’n poging om van die plaasgrond na boere oor te dra. Ongelukkig is daardie proses nie voltooi nie.”

Sy het benadruk om die grondregte van hierdie verskeie gemeenskappe aan te pak, is dit belangrik om ’n ondersoek na grondregte te hê.

Van die nagenoeg 700 000 ha is 135 117 ha reeds aan 275 boere uitgedeel.

Altesaam 529 014 ha of 894 plase sal aan begunstigdes wat aansoek gedoen en aan die kriteria voldoen, vir langtermynverhuring beskikbaar gestel word. Dit is 43 000 ha in die Oos-Kaap, 8 333 ha in die Vrystaat, 3 684 ha in KwaZulu-Natal, 121 567 ha in Limpopo, 40 206 ha in Mpumalanga, 12 224 ha in die Noord-Kaap en 300 000 ha in Noordwes. Gauteng en die Wes-Kaap het nie staatsgrond om te adverteer nie.

Landbou kragtig

Didiza het ook die belangrikheid van beleids- en reguleringsekerheid uitgelig as maniere om te sien dat die landbousektor vorentoe sukses behaal soos hy in die eerste en tweede kwartaal vermag het.

Landbou-infrastruktuur, veral besproeiing, bly belangrik in nuwe gebiede wat nuwe geleenthede bied vir inklusiewe groei.

Sy het verder simpatie betoon met boere wat deur veldbrande in die Noord-Kaap en Vrystaat geraak is. Sy het gesê dat die provinsies die afgelope jaar steeds onder die droogte deurgeloop het. Sy het landbou-organisasie bedank wat saam met die provinsiale regerings gewerk het om veevoer en ander ondersteuning te bied.

Sy het ook beklemtoon dat die wysigingswetsontwerp op onteiening ’n belangrike stuk wetgewing is wat ’n duidelike raamwerk bied rakende onteiening vir openbare doeleindes en openbare belang.

“Dit is belangrik dat ons almal vertroud raak met die wetgewing en insette lewer by die parlementêre prosesse wanneer wetmakers die wetgewing opstel wat deel sal word van ons wetlike raamwerk.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,637.00
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,041.34
-0.1%
Platinum
861.76
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,305
+0.0%
Alle aandele
63,663
+0.1%
Hulpbronne 10
56,065
-0.3%
Industriële 25
79,425
-0.1%
Finansiële 15
14,087
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot