Mnr. Alec Versfeld, plaasbestuurder by die Plaisir-wynlandgoed aan die oostekant van Simonsberg in Simondium, sê hulle het daar al 166 mm vir die maand gemeet “en Maart het nog ’n hele paar dae oor”.
“Volgens die rekords wat ek kon opspoor, is dit die tweede natste Maart sedert 1983. In 1989 het hulle 178 mm op Plaisir de Merle (nou bekend as Plaisir) gemeet, wat tot nou toe die meeste was. In 2003 is hier 113 mm gemeet en in 2007 76 mm.”
Versfeld het vroeër vandag (24 Maart) gesê dit het redelik wyd verspreid in die omgewing goed gereën. “Ek het vandag 55 mm uitgegooi en my bure presies dieselfde. By Alto-wynplaas in die Helderberg het dit 30 mm gereën en in die Swartland, meer spesifiek die Darling-Hopefield-omgewing, het dit van 10 mm tot 20 mm gereën.