AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Die kernkwessies wat Agri SA besig hou

akkreditasie
Foto: Thys du Plessis
Foto: Thys du Plessis
Agri SA se vyf sentrums van uitnemendheid – grondsake, arbeid, natuurlike hulpbronne, ekonomie en landelike veiligheid – het onlangs vergader om te besluit wat die kernkwessies is waarop hulle in die nuwe jaar moet konsentreer.

Terselfdertyd is die besture vir die onderskeie sentrums verkies. Mnr. Willem de Chavonnes Vrugt is herkies as voorsitter vir grondsake en mnr. Nicol Jansen is herkies vir ekonomie.

In die geval van landelike veiligheid neem mnr. Uys van der Westhuijzen oor by mnr. Tommie Esterhuyse, by natuurlike hulpbronne vervang mnr. Willem Symington vir mnr. Wayman Kritzinger, en by arbeid neem mnr. Johan Wege oor by mnr. Neil Hamman. 

Landelike veiligheid

Die toepassing van die landelike beveiligingstrategie en veilgheidskwessies binne die onderskeie provinsie het baie aandag gekry. Kommer is uitgespreek oor die optrede van die EFF in Limpopo waar EFF-lede hulle as arbeidsinspekteurs voordoen en plaaswerkers se gemoedere opjaag.

Daar is besluit om die departement van arbeid op plaaslike vlak daarby te betrek en klagte by die polisie in te dien as EFF-lede geweld sou aanblaas. Agri SA sal op grond van inligting van Agri Limpopo probeer vasstel of daar enige poging van die EFF was om ook as ’n vakbond te registreer, en die polisie sal ingelig word oor die EFF se optrede tot dusver. ’n Klag van haatspraak is by die Menseregtekommissie teen die EFF ingedien weens die EFF se optrede by die Senekal-hofsaak in Oktober 2020.

In gevalle waar polisielede op plaaslike vlak versuim om op te tree as paaie versper word, sal die provinsiale prioriteitskomitees dit hanteer, terwyl Agri SA dit ook op hoër vlak sal aanmeld.

’n Versoek is aan Vodacom gerig dat boere toegelaat moet word om kameras op selfoontorings te installeer. Die voorstel sluit in dat inligting dan aan Vodacom beskikbaar gestel word in ruil daarvoor dat Vodacom ’n deel van die datakoste dra. Vodacom is ook ingelig oor gebiede met slegte seingehalte. Terugvoer sal aan Agri SA gegee word oor albei kwessies.

Spesiale taakspanne sal op die been gebring word oor kwessies soos onwettige jag met honde, hoe om die reserviste-stelsel toegankliker vir boere te maak, en hoe om die nodige hulpbronne te bekom wat nodig is vir die toepassing van die landelike veiligheidstrategie. 

Ekonomie

Agri SA het ’n klag by die nasionale energiereguleerder (Nersa) ingedien oor die metode wat Eskom gebruik om ’n prysverhoging op die vaste kostekompenent van sy rekening te bepaal. Daar is besluit om meer druk toe te pas om ’n antwoord van Nersa te kry. Na gelang van die reaksie sal oor verdere optrede besluit word. Die sentrum sê alternatiewe sal met Eskom beding moet word weens die druk wat die landbousektor ondervind wat betref toegang tot kapitaal.

Daar is ook besluit dat Agri SA toepaslike hofsake oor ongerymdhede in die administrasie en bestuur van munisipaliteite moet ondersteun en belastingbetalersverenigings moet bystaan. Die provinsiale strukture moet in die onderskeie provinsies die leiding neem en Agri SA moet hom op nasionale vlak daaroor uitspreek.

Eiendomswaardasies en -belastingkoerse was ook ’n belangrike besprekingspunt omdat daar in 2021 nuwe kategorieë vir die klassifisering van eiendomme kom. ’n Taakspan word saamgestel om Agri SA daarmee te help en om plaaslike gevalle te hersien sodat besluit kan word oor die nodigheid van voorleggings op nasionale vlak.

Terselfdertyd sou ’n nuwe dieselrabatskema in werking tree, maar openbare verhore daaroor is deur die inperking vertraag. Agri SA en Graan SA volg egter die ontwikkelinge hieroor. Daar word saam met verskeie belanghebbendes gesoek na oplossings vir die Land Bank se geldelike verknorsing. Ondersoek word ook ingestel na die haalbaarheid van ’n mediese fonds vir boere en plaaswerkers. 

Natuurlike hulpbronne

Water was die belangrikste besprekingspunt en daar is onder meer verslag gedoen oor die stand van die vrywillige waterfonds (VWF). Daar is besluit dat net diegene wat tot die VWF bydra, daarby baat kan vind en dat die fonds beter bekend gestel moet word.

Die Gariepwatch, wat die watergehalte in die Oranjerivier monitor, is een van die organisasies wat by die VWF baat sal vind nadat ’n skenking van R120 000 op versoek aan Gariepwatch goedgekeur is.

Agri SA is ook ingelig oor die vordering met hofsake oor watergebruiksregte waarby hy betrokke is. Mpumalanga Landbou en Agri Wes-Kaap het klagtes ingedien oor die proses om waterlisensies toe te ken weens die tydsverloop en ’n gebrek aan deursigtigheid. Die kwessie sal met die department van water en sanitasie bespreek word.

Agri Oos-Kaap het sy kommer uitgespreek oor ’n studie wat deur die petroleumagentskap van Suid-Afrika gefinansier word oor die gehalte van grondwater in die Sentraal-Karoo met die oog op skaliegasontginning. Agri SA sal die navorser inlig oor sy kommer en die redes vir sy besluit om nie aan die studie deel te neem nie.

Die sentrum beoog ’n vergadering met kenners van klimaatsverandering sodat ’n duidelike strategie en bestuursmandaat hieroor vir goedkeuring by Agri SA se kongres voorgelê kan word. 

Arbeid

Aanbevelings oor die nasionale minimum loon, kommer oor die meesterplan vir landbou en landbouvervaardiging, asook die indiensneming van burgers van ander lande was in die kollig.

Agri SA was besig met sy kommentaar op die voorstelle oor die minimum loon, en het ook gewag op die uitslag van ’n ondersoek van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) oor die impak wat die nuwe nasionale minimum loon sal hê.

Daarby is kommer teenoor die regering uitgespreek oor die landbou en -vervaardiging se meesterplan wat veronderstel was om ’n gesamentlike onderneming tussen die openbare en die private sektor te wees. Die private sektor het ’n brief aan die regering oor sy kwellings gestuur, maar nog nie reaksie gekry nie.

Die arbeidsentrum gaan ’n taakspan saamstel om die moontlike gevolge van die wysigingswetsontwerp oor diensbillikheid op die landbousektor te bepaal. Dit sal bestaan uit sy bestuur, ’n onafhanklike kenner en drie boere.

Wat die indiensneming van buitelanders betref, beoog die sentrum ’n vergadering met alle betrokke staatsdepartemente om te probeer ooreenkom oor ’n langtermynoplossing rakende permitte. 

Grondsake

Die belangrikste kwessies was terugvoer oor die stand van en prosesse rondom die verandering aan artikel 25 van die Grondwet, asook die wetsontwerp oor grondonteiening. Die jongste ontwikkelinge wat gemengde finansiering betref, is ook bespreek.

Die bestuur het geluister na die aanbevelings van twee werkgroepe oor plaaswerkerbehuising en oor die finansiering van boere op staatsgrond.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
-0.1%
Rand - Pond
20.06
-0.2%
Rand - Euro
16.96
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,791.14
-0.2%
Silwer
20.45
-0.4%
Palladium
2,214.50
-0.4%
Platinum
930.50
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot