
Die maatskappy het luidens ’n verklaring aangekondig dat
mnre. Henk Agenbach en Willie Goussard bedank het.
“Voortspruitend uit die verslag van die onafhanklike eksterne forensiese ouditeur en nadat onafhanklike regsadvies bekom is, het die direksie besluit dat verdere interne tugoptrede teen sekere personeellede gaan volg,” sê mnr. Marius Kleyn, direksievoorsitter van Die Kooperasie, luidens die verklaring.
Mnr. Jannie Louw, bedryfshoof van Die Kooperasie, sal waarneem as uitvoerende hoof.
Volgens Kleyn sal algemene jaarlikse inligtingsessies in Januarie 2023 met lede in hulle wyksverband gehou word.
Die Kooperasie het onder Agenbach se leiding groot klem geplaas op bemagtiging in die landbou nadat hy besef het dat iets in gemeenskappe gedoen moet word ná die onluste by De Doorns in 2012. Die Kooperasie is sedertdien betrokke by tientalle bemagtigingsprojekte, waarby duisende mense betrokke is. Die projekte is aangepak danksy vennootskappe tussen gemeenskappe, die private sektor en die regering. In die projekte word klem gelê op ontwikkelingsgeleenthede in die gemeenskap om twee van Suid-Afrika se probleme, naamlik armoede en ’n tekort aan ekonomiese groei, aan te pak.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.