Agri Seed Capital wil dié gaping oorbrug, maar het baie spesifieke kriteria rakende wie hy finansier, wat gehelp het dat al tien boere in sy gidsprojek hul eerste lenings ten volle terugbetaal het.
Dr. Mpho Mathithibane (foto), uitvoerende hoof en ’n geregistreerde assosiaat- algemene rekenmeester, sê ervaring het hom geleer dat jong, opkomende boere se grootste probleem nie toegang tot grond of kennis is nie, maar om formele finansiële state te hê, waarsonder ’n finansiële instelling hulle moeilik vir lenings kan oorweeg.
Hy was voorheen ’n projekleier by die Land Bank. Agri Seed Capital, wat as ’n nasionale kredietverskaffer ge registreer is, se kriteria berus op die aansoeker se boerderyvermoëns en -ervaring, en die plaas se potensiaal.