Niemand wil ’n herhaling van die plofbare geskil oor grond en weiding by Normandien in 2020 hê nie. In ’n onverwante saak was die grondeienaars waarskynlik oorversigtig om nie dieselfde roete te volg nie, maar die tydsverloop het uiteindelik teen hulle getel.
Die kern van die Moladora-saak was of die reg van ’n okkupeerder om vee met die eienaar se toestemming op ’n plaas aan te hou, deel uitmaak van die okkupasieregte wat deur die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997, die sogenoemde Esta-wet) beskerm en gereguleer word.
In die proses is ingewikkelde regskonsepte ondersoek, soos die onderskeid tussen “persoonlike regte” en “saaklike regte” en die toepasbaarheid al dan nie van die gemenereg op die feite van die saak.