Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee staan die finale oes nou op 12,51 miljoen ton, teenoor die laaste skatting van 12,931 miljoen ton. Vir wit mielies is die finale oes 6,54 miljoen ton, wat 261 560 ton of 3,85%, minder is as die laaste skatting. Die finale geelmielie-oes is 5,97 miljoen ton, 159 65 ton of 2,6% minder as die finale skatting.
Die Nasionale Landboubemarkingsraad skat die oordragvoorraad mielies op sowat 3 miljoen ton, waarvan 1,6 miljoen ton wit en 1,4 miljoen ton geel sal wees. Lees meer hier.
Die voormalige Minister van Landbou, me. Thoko Didiza, is verkies tot voorsitter van die Parlement se ad hoc-komitee wat die wetsontwerp moet formuleer vir die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding duidelik in die Grondwet in te skryf.