Altesaam 38 grassnyers het aangemeld teenoor net 14 verlede jaar. Die gemeenskap van Bredasdorp bied vanjaar die tweede Nampo Kaap aan. Verlede jaar se debuutgeleentheid het nagenoeg R6 miljoen verdien, met 16 245 besoekers. Verlede jaar het 287 uitstallers 400 uitstalruimtes gebruik en vanjaar sal 400 uitstallers 480 uitstalruimtes gebruik.
Mnr. Adriaan de Lange, uitvoerende hoof van die gediversifiseerde chemiese maatskappy Omnia Holdings, het bedank. Hy word opgevolg deur mnr. Seelan Gobalsamy, die maatskappy se finansiële hoof.
Die maatskappy sê in ’n aankondiging op die JSE-nuusdiens De Lange het om persoonlike redes die pos ontruim, maar sal in ’n raadgewende hoedanigheid beskikbaar bly. Hy is sedert 2003 by die groep betrokke en is in Junie 2017 as Omnia se uitvoerende hoof aangestel.