LYK BEKEND!
Dogters van twee bekende Merino-boere was verras toe hulle dié bekende Merino-kenteken in Phoeket, Thailand, raakloop. Mee. Christine Prinsloo (links), dogter van mnr. Eddie Prinsloo van Smithfield, en Susan Kleyn, dogter van mnr. Jan-Hendrik Kleyn van Colesberg, sê hulle kon weens die Covid-19-inperking nie ingaan nie, maar ’n webwerf bevestig dis ’n klerewinkel. Die twee vriendinne en me. Sulize Koekemoer van Ventersdorp, wat die foto geneem het, onderrig graad 1- en 2-leerders by die Kajonkietsoeksa-skool in Phoeket wat aan nóg ’n Suid-Afrikaner, mnr. Kenneth Bouwer, behoort. Christine sê wat sy die meeste van Suid-Afrika mis (behalwe haar mense) is ’n Merino-skaaptjoppie op die kole. FOTO: Sulize Koekemoer
Só het mnr. Ian Cameron, hoof van gemeen-skapsveiligheid by AfriForum, gereageer op verwarring wat vroeg in Junie geheers het oor of plaaswagte mag voortgaan onder vlak 3-inperkingsregulasies.
“Buurt- en plaaswagte word nie genoem in die lys van bedrywe wat nie nou in bedryf mag wees nie. Daarom sal ons en Saai enigiemand verbonde aan ’n buurt- of plaaswag wat in hegtenis geneem word, regsbystand gee.”
Hy sê dis gevaarlik dat mense wag vir aankondigings voor hulle veilig voel om normale dinge te doen.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.