NUWE INTREKKERS
’n Eeu ná mnr. Piet Cillié die boere van Kakamas gehelp het om die eerste droogdruiwe in daardie geweste aan te plant nadat hy in Kalifornië, Amerika, kennis daaroor opgedoen het, gaan sy agterkleinseun, mnr. Rossouw Cillié van die Laastedrif-boerdery, volgende jaar die eerste droogdruiwe by Touwsrivier op sy plaas Nouga oes. “Ons het slegs 300 stokke as ’n proef op verskillende onderstamme gevestig.” Hulle toets onder meer twee Amerikaanse kultivars, Selma Pete en Sugra39. “Die klimaat by Touwsrivier leen hom daartoe om druiwe aan die stok te droog. Siektes sal nie ’n groot kwessie wees nie. Ryp is die grootste bekommernis,” sê Rossouw. Hy toets tans ook verskeie neutsoorte, onder meer amandels, op dié plaas. FOTO: VERSKAF
Die Land Bank beoog om die onafhanklike hersiening van sy leningsboek voor einde Oktober af te handel, wat hopelik die weg sal baan vir ’n nuwe kredietsiklus om einde Maart 2022 te open, berig Business Day.
Die bank se finansiers het aangedring op dié hersiening voordat onderhandelinge kan begin oor die oplossing wat die tesourie en die bank aanbied vir likiditeitsprobleme.
Die hersiening sloer reeds 18 maande. As die geld dan weer begin vloei, sal dit egter te laat wees vir produksiefinansiering van die huidige somergraanoes.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.