Dié twee jong Brahmanbulle wat amper soos ’n spieëlbeeld van mekaar lyk, was deel van ’n groep van 60 stoetbulle wat onlangs ’n 70-dae-assessering vir residuele voerinname (RVI) voltooi het.
Tien stoettelers van die KwaZulu-Natalse Brahmanklub het die assessering by die Lewendehawe-vereniging se vleisbeesdoeltreffendheidsentrum naby Mooirivier gedoen.
Elke bul se RVI word bereken met data wat deur geoutomatiseerde tegnologie van Growsafe en Vytelle Systems ingesamel word. Landbouweekblad berig eersdaags volledig hieroor.