Nagenoeg 5 000 witooievaars het verlede maand op die plaas Springbok van dr. Francois Triegaardt, tussen Steynsburg en Middelburg in die Oos-Kaap, toegesak drie dae ná ’n swerm sprinkane, wat 1 km2 op die grond in beslag geneem het, op die plaas doodgespuit is.
“Ons gebruik bio-afbreekbare gif wat op sekere organismes, soos die sprinkane, werk. Die gif is binne 36 uur afgebreek. Met dié dat die voëls sprinkane vreet, is daar nog ’n skakel in die voedselketting,” sê hy.
Dr. Doug Harebottle, waarnemende hoof van die Sol Plaatje-universiteit se risiko-en-kwesbaarheidsentrum, sê dis ongewoon om soveel van dié trekvoëls só ver suid te sien. Lees hier meer.