Roekeloos en onaanvaarbaar, is hoe mnr. Francois Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou, mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se besluit om ’n padinstandhoudingstoelae van R45,2 miljoen aan die Vrystaat te skrap.
Die R30 tussen Odendaalsrus en Bothaville hierbo is een van talle paaie in die provinsie wat ’n groot gevaar vir gebruikers inhou. Boonop het oorstromings vroeër vanjaar die reeds haglike paaie verder beskadig.
Die besluit is vervat in ’n tesourie-kennisgewing wat op 25 Februarie uitgereik is. Dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, het op die Graan SA-jaarkongres gesê die organisasie bespreek dié situasie met die staat.